Geverifieerde Resensie
Cape Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Cape Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 1912 resensies.
"Een plek wat beslis op elke mens se emmerskoplysie moet verskyn. Die bonus van goeie sneeu-neerslag het dit natuurlik een van ons beste wegbreek-naweke gemaak vir 2018! Ek sal Sutherland aanbeveel aan enigeen."
"Ons het per toeval op 'n fees afgekom in die dorp en dit het ons 'n kykie in die samestelling en mense verhouding van die gemeenskap gegee - 'n baie aangename ervaring."
"Die Karoo sal altyd 'n toeriste bestemming bly. Dit hou 'n eie bekoring in wat jy moet ervaar om te verstaan en te waardeer."
"Dis jammer die besigheidsure, selfs oor 'n naweek vir 'n meestal toeristebestemming, is vreeslik beperk. Sal volgende keer eerder in die week gaan."
"Elke mens moet ten minste een keer in hulle leeftyd die koue in Sutherland beleef! Dit is 'n ongelooflike ervaring wat jy nie vir iemand kan beskryf nie. Die starre is pragtig en dit lyk letterlik of jy aan die melkweg kan vat! Pak genoeg warm klere in, handskoene, mussies en baadjies is 'n moet! "
"Beste slaghuis vir Karoo lam. Sal volgende keer meer tyd in Ladismith spandeer."
"Het die lekker gesellige markie besoek waar ons vars plaasprodukte kon bekom, asook geselsies kon aanknoop met plaaslike inwoners. Was 'n belewenis. Ook lekker winkeltjies om te besoek. "
Prince Albert Road, Kaap Karoo
Wolvekraal Guest Farm"'n Lekker ervaring van die Karoo en sy uitgestrektheid."
"Interesante dorpie met dinge wat mens herinner aan jou kinderdae. Wat egter bekommerenswaardig is die feit dat daar net een teerpad in daardie rigting, wat ek as 'n nasionale sleutelpunt of ten minste 'n punt van internasionale belang vir Suid-Afrika beskou, is. "
Prince Albert Road, Kaap Karoo
Wolvekraal Guest Farm"Besoek gerus die mark op ‘n Saterdag. Het elke oomblik van die dorpie geniet."
"Ongelooflike rustige Karoo-dorpie. Ons sal dit vir enige iemand aanbeveel. En die aandete in die Swartberg Hotel sal ons nog lank onthou! Fantastiese diens en lekker kos."
"Jy moet hou van die Karoo en belangstel in die hele sterre-ding, anders gaan jy jou tyd mors."
"The Cape Karoo is the closest and best break-away from city life, for those seeking natural beauty, some wildlife, and a chance to turn the phone off. Well worth the visit!"
"Ladismith is 'n klein dorpie, was nogal teleurgesteld dat mens nie Ladismith Kaas mag besoek of daar koop nie. Maar daar is 'n Parmalat Factory Shop in Ladismith - dis beslis die moeite werd om daar te stop. "