Geverifieerde Resensie
Cape Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Cape Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 1912 resensies.
"Oulike dorpie, paaie bietjie aandag nodig in die dorp, maar mense vriendelik."
"Prins Albert was nog altyd op my lys van plekke om te besoek en ek is nie teleurgestel nie. Die dorp is netjies en dit het my dadelik opgeval. Julle berge is asemrowend en die wyn baie lekker. Ons het Fernskloof besoek en lekker gesels met die eienaar en wynmaker. Ook die feit dat mens daar veilig voel was 'n groot pluspunt, veral vir ons stedelinge."
"Gay's Guernsey Dairy is definitely worth a visit, excellent cheeses. Plenty restaurants to choose from within reasonable price ranges. "
"Wat 'n veilige en rustige bestemming met die oulikste en heerlikste snuffel- en kuierplekkies. 'n Moet om te besoek."
"Pragtige dorpie! Vermy die Swartbergpas - dis 'n nou grondpadpaadjie oor die berg! Tensy jy senuwees van staal het! Baie mooi uitsig van daarbo af!"
"Ons is motorfietsryers en Prince Albert is 'n ideale basis om die omgewing te verken."
"Quiet and nice, small city. It's a good stop if you decide to do the Swartberg pass (and before it visit the huge and beautiful Cango Caves)."
"Die Kokkedoorstoor was vir ons teleurstellend. Ek het gedink dat dit 'n belangrike landmerk in Prins Albert sou wees, dit is egter 'n erg verwaarloosde plek. Wat 'n jammerte, want dit kan as 'n groot toeriste-attraksie bemark word."
"Prins Albert is 'n "kunstige" dorpie wat definitief die afdraai vanaf die grootpad die moeite werd maak."
"Baie warm (duh - einde Desemeber - kon dit verwag het), maar baie vriendelike mense. Winkeltjies, kafees en restaurante baie oulik en lekker. Prickly Pear maak die lekkerste pizza."
"A quaint little town with everything at hand, a few eateries with good food. We were very impressed with the cleanliness while walking our small dauchshunds in the early morning. Very quiet. Beautiful surroundings. Awesome. "