Verified Reviews
Cape Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Cape Karoo
Rated 4.5 out of 5 based on 1935 reviews.
"As jy in die omgewing is, stop verseker in hierdie pragtige deel van Suid-Afrika. Dit is verseker rus en vrede vir die siel!"
"Prag dorpie met baie interessante winkeltjies en eetplekkies. Sou graag langer wou kuier."
"Amazing countryside despite recent flood damage. Will definitely return."
"My verwagtings van Prins Albert was nie oortref nie. Het gedink dit gaan meer besonders wees soos bv. Clarens. Nie veel om te sien of doen nie behalwe stap, eet en drink. Die winkels ens. is nogals duur maar dit is seker te wagte vir 'n toerisdorpie. Dorpie self is pragtig en netjies."
"Pragtige Klein Karoo-dorpie met baie bekoring! Ek sal graag effe langer hier wil deurbring volgende keer. PS - boek restaurante vooruit, hulle raak vinnig baie vol."
"Prins Albert kan al die seisoene in een dag hê, maar dis 'n gemaklike kuier in enige van die restaurante en 'n lekker atmosfeer."
"Besonderse dorp, op baie plekke hier voel dit asof jy in era van 100 jaar terug instap met die leivore en groot stukke landbou grond binne in die dorp."
"Sal dit weer besoek. Baie om te sien en te doen en 'n dorpie met baie karakter en gawe mense."
"Dorp was skoon en veilig. Die OK-winkelsentrum was 'n verrassing met als wat jy kon aan dink beskikbaar. Nie nodig om enige kruideniersware saam te neem nie."
"Baie spesiale plek om te beleef, maar nie vakansiedorp nie. As jy nog nie daar was nie, gaan kyk en beleef maar in die somer."
"Pragtige omgewing en vriendelike mense. Baie om te sien en te doen in die omgewing."