Geverifieerde Resensie
Kalahari
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Kalahari bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 1907 resensies.
"Ons het 'n baie traumatiese ervaring in dorp beleef, hul het ons deure probeer oopruk en goed van ons voertuig probeer afsteel."
"Dit mag dalk nie vir almal se smaak wees nie, maar ons het dit ongelooflik geniet."
"Wat 'n asemrowende gesig was dit nie. Al wat ek kan se is WOW WOW WOW! Hulle kan dalk daaraan dink om die sisteem met ingang en betaling bietjie te verander. Ons was 07:00 daar en het 45 minute in die ry voor die hek gewag daarna moes ons na die ontvangs binne die park gaan om te betaal wat nog meer as 'n uur van ons tyd in 'n ry geneem het."
"Opvallend hoe skoon en netjies die dorpe in die Noord-Kaap is in kontras met van die ander dorpe tydens ons reis na Augrabies."
"Upington lê ons baie na aan die hart. Ons het familie wat daar woon en het 'n familieplaas tussen Olifantshoek en Upington. Baie lief vir die Kalahari."
"Die Red Ox Restaurant is 'n uitstekende opsie vir etes. Die kos en diens is onverbeterlik!"
"Ons enigste spyt was dat ons nie lank genoeg gekuier het om meer van Upington self te sien nie."
"Oranje Wynkelders en die Kerkmuis restaurant was uitstekend. Sal vir seker weer gaan."
"Die waterval het baie mooi geloop en ons was baie geseënd om die waterval so vol te kon sien met water."