Geverifieerde Resensie
Kalahari
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Kalahari bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 1909 resensies.
"Ja, daar is baie besienswaardighede, soos die Oranjerivier Kelders met heerlike wyn wat jy eers kan proe voor jy koop, en Kanoneiland met al sy wingerde nie ver daarvandaan nie, en natuurlik die waterwiel wat steeds draai. Pragtige omgewing met talle stalletjies met produkte van die omgewing soos dadels, rosyne, alle droë vrugte, ens."
"Het dit baie geniet. Hoewel dit redelik droog is, is daar steeds baie om te sien by die valle self en ook in die omgewing."
"Die omgewing is mooi in die somer, maar die dorpie self is nie 'n treffer nie. Miskien het ek te min tyd daar gespandeer."
"Ons het verneem dat Kuruman nie meer veilig soos 'n tipiese klein dorpie is nie. Dis baie jammer dat dit verander het."
"Augrabies is 'n fantastiese bestemming, en vir die natuurliefhebber is dit 'n moet!"
"Kuruman self het baie opknapping nodig. Die Moffat Museum is pragtig, atmosferies, en ongelooflik histories. Onlangs gerestoureer. Definitief die moeite werd om dit te besoek. Daar is 'n probleem van diefstal in Kuruman, so wees maar bewus van jou omgewing. Die nuwe Checkers Mall is aangenaam om te besoek."
"Het nie lank oorgebly nie, net die Waterval besoek. Augrabies Nasionale Park word goed bestuur. Restaurant is heerlik om by te eet. "
"Ons het net die Augrabies Waterval besoek. Dit was in die geheel 'n baie positiewe ervaring en redelike waarde vir geld."