Geverifieerde Resensie
Kalahari
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Kalahari bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 1909 resensies.
"Keimoes en omgewing is so unieke, mooi wêreld. Dis regtig asof jy in 'n ander wêreld is. Jy vergeet van die gejaagde lewe en selfs tyd. Dis regtig die moeite werd om hierdie kant van Suid-Afrika te besoek en dan natuurlik die Augrabiese Watervalle op jou reis in te werk. Die mense is so gaaf en vriendelik."
"Geweld in dorpe soos Vryburg en Kuruman neem toe en was aangeraai om eerder by Kathu-vulstasie voertuigbrandstof in te gooi."
"Kathu is 'n baie besige en vinnig-ontwikkelende dorp met 'n stadsatmosfeer. Mense is vriendelik en behulpsaam."
"Baie lekker dorp om te besoek en deur te reis. Was regtig 'n stop wat elke mens moet meemaak."
"Die dorp is redelik baie besig oor naweke met voetgangers. Moet maar versigtig bestuur."
"Beautiful and welcoming. Kind, friendly, and loving people in the surrounding. Seems to have little or no crime."
"Ek dink Kakamas is 'n oornag-bestemming, en die dorp is maar soos die meeste ander dorpe verwaarloos met rommel wat rondlê."
"Keimoes is baie lekker, maar as jy oor 'n naweek of op vakansiedae reis, maak maar seker jy het inkopies gedoen, die Spar maak vroeg toe en daar is net een vulstasiewinkel wat so paar basiese goedjies verkoop."
"Goeie, vriendelike mense. Baie mooi area met 'n ryk geskiedenis. Hope interessante plekke om te besigtig. Baie warm."
"Die pad wat na Augrabies en Rietkamer toe gaan, is in die aand nogal gevaarlik. Ons het een aand klippe in die pad gekry so mense moet net veilig ry of probeer om eerder net in die dag te ry. In die dag was daar nie probleme nie, maar die aand was nie lekker nie. Dit is ongelukkig net 'n bewys van waar ons as 'n land trek. "
"Ongelukkig het ons Sondagmiddag daar aangekom, en natuurlik was die winkels reeds toe. Sou graag op 'n weeksdag daar wou deurry om 'n meer ingeligte opinie te kan gee."