Geverifieerde Resensie
Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 11594 resensies.
"Ongelukkig het ons oorgeslaap op 'n Sondagaand en was meeste plekke toe gewees die dag."
"Die dorp was netjies en vir 'n Gautenger is dit 'n welkome verandering en verrassing. Die restaurant wat ons besoek het was lieflik met 'n outentieke karakter, billike spyskaart en vriendelike diens."
"Carnarvon was eens 'n baie mooi dorpie, maar lyk nou baie vervalle. Tog is die mense daar baie vriendelik en ontvang jou met plesier."
"Ry stadiger, kyk langer, drink eenvoud in oormaat - jy kan nooit daarvan genoeg kry nie ..."
"Die damwal is besienswaardig en die uitkykpunte oor die damwal en rivier is asemrowend. Reëlings om die binnekant van die damwal te toer moet egter vroegtydig getref word. Die dorp is skoon, stil en die inwoners is baie vriendelik. Ek beveel aan om 'n kort begeleide toer van die historiese bakens in die dorp saam met Marianne te bespreek. Haar boek oor die geskiedenis van die damwal is 'n winskoop."
"Bietjie uit die pad uit vir toerisme, maar goeie oornag tussen Wes-Kaap en Namibië."
"Tipiese landelike dorp soos dinge deesdae gaan. Goeie ligging vir oornag in beide rigtings."
"Ek het nog familie in Beaufort-Wes, maar die plek het baie verander, die geboue word baie nalatig behandel. Beaufort-Wes was 'n baie mooi dorp, dit kan weer wees as mense saamwerk."
"Die pad is wel deels grondpad, maar was in 'n goeie toestand. Geen probleem vir ons SUV nie."
"Fantastiese, vriendelike mense en oulike plekkies om te kuier of lekker te eet."
"Mooi dorp met lekker wye strate. Daar is ook 'n verskeidenheid van oulike restaurante. Ons was by Our Yard en Hello You en was baie beïndruk met beide."
"Mooi dorpie met lieflike besienswaardighede. Die kos- en eetplekke is puik en die mense is vriendelik. Colesberg sal ons weer sien!"
"Die Karoo het 'n skoonheid uniek aan die omgewing. Jy kan regtig net weer jou voete vind en ontspan. Jy moet probeer langer bly. Dit is so 'n skatkis van ontdekkings uit die natuur en die mense se harte, juwele."
"Depends on your interests, but if you want to explore some history and visit the Valley of Desolation then Graaff-Reinet is a good place to stay for a day or two."
"Mokala Natuurreservaat is letterlik om die hoek en die moeite werd om te besoek."
"Pragtig verby. As jy naby die natuur wil wees, is dit beslis die plek waar jy behoort te wees."