Verified Reviews
Kimberley
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Kimberley
Rated 3.9 out of 5 based on 583 reviews.
"Die strate se beligting redelik ondoeltreffend. Sonder GPS verdwaal jy maklik, want die straatname is nie duidelik sigbaar nie. "
"Die spasie bokant die dubbelbed was baie min, met die enkelbed aan die bokant. Die TV kan ook geskuif word om dit meer sigbaar te maak."
"Kimberley is baie verwaarloos en dis jammer dat die plaaslike regering nie hulle deel doen nie."
"Kimberley het 'n besonderse geskiedenis a.g.v. die diamant-era. Dit is die moeite werd om te besoek!"
"Kimberley is nie juis 'n toeristebestemming nie, maar die uitstappie na die Groot Gat is iets om te doen as mens in die omgewing is. Ons en die kinders het dit baie geniet."
"Kimberley bly maar 'n myndorp. Die strate is stukkend en vuil en as dit nie was vir die geskiedkundigheid daarvan nie, sou ek dit vermy het. 'n Plek soos Diggies Lodge maak dit egter totaal die moeite werd! "
"Die plaaslike owerheid moet sy kant bring. Kimberley het 'n ryke geskiedenis, bemark dit aggressief."
"Was baie lekker om by die Groot Gat te kuier. Baie hartseer om te sien hoe vuil Kimberley self is, maar hierdie stukkie geskiedenis is 'n moet wanneer jy in Kimberley kom."
"Ons het net tyd gehad om vinnig die Groot Gat te besoek..Was net 'n halfuur binne en dis nogal duur."
"Great experience for group of school kids first-time travelling on road thus far. The condition of the town's roads needs attention urgently especially the potholes!"
"Daar is pragtige huise, maar, soos die res van Kimberley is die strate en die geboue redelik vol gate. "
"Kimberley is 'n pragtige stad met alles wat jy aan kan dink, genoeg vermaak, winkelsentrum, ryk aan geskiedenis en genoeg besienswaardighede. Al wat ek gevind het wat vir my baie steurend was, was die paaie in die stad self wat veel te wense oorgelaat het."