Geverifieerde Resensie
Kimberley
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Kimberley bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 3.9 uit 5 gekry volgens 583 resensies.
"Hulle kan gerus die slaggate in die strate reg maak, na die logde. Wil graag meer sien van Kimberley."
"Ons was net besig met 'n terugreis na vakansie, maar ek dink dit sou wonderlik gewees het om 'n paar dae daar te spandeer. Daar is so baie geskiedenis daar om te ervaar."
"Ons het dit slegs as deurgang roete gebruik. Maar die dorp is relatief skoon en netjies, en die paaie in goeie toestand!"
"Ek sal enige tyd weer Kimberley toe gaan. Dorp net verwaarloos en vuil, maar so baie om te sien."
"Die Groot Gat is 'n moet, loer gerus in by die museum en die ondergrondse gedeelte, vermy die "fliek" wat ook daar vertoon word aangesien die geskiedenis nie heeltemal akkuraat is nie."
"Ons eerste keer in Kimberley en het nie baie tyd daar spandeer nie. Sal wel weer 'n terugkeer maak om meer te besigtig, maar met die oorsig van die dorp is ons baie tevrede."
"Die verblyf was baie nice, maar net die teerpad op pad na die lodge toe wat nie rybaar is nie, baie slaggate."
"The town is obviously run by the wrong political party. The streets are potholed and litter is seen everywhere."
"Die buitewyke van Kimberley is heel toeganklik en netjies, maar die gedeeltes in die middestad en by die groot Gat laat veel te wense oor. Ons het vermy om daar te ry en ook nie besoek nie. Dit voel glad nie veilig om in daardie gedeelte van Kimberley te wees nie."
"Het oor die algemeen 'n baie aangename tyd in Kimberley gehad. Het 'n paar plekke besoek en kan geen fout vind met enige van Kimberley se plekke nie. Fantastiese mall wat steeds oop is wanneer jy dalk later besef jy het iets nodig en ook vriendelike, professionele kliëntediens."