Verified Reviews
Kleinmond
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Kleinmond
Rated 4.7 out of 5 based on 323 reviews.
"Die mooiste dorpie ooit en dierbare mense! Sou net graag nog restaurant opsies wou gehad het. Ons het so 19:30 by die dorp aangekom en slegs een plekkie was oop."
"Baie mooi dorpie teen 'n pragtige kus. Baie vriendelike en aangename inwoners. Tennis-, rolbaan- en jukskeibane. Baie baby aan ander kusdorpies."
"Kleinmond is 'n tipiese kusdorpie en vir ons (ouer mense) was dit voldoende,maar vir die jonger geslag was dit soms bietjie vervelig. Ek sou dit nie wil verander nie, want dan verander 'n mens die karakter van die dorpie."
"Kleinmond is 'n oulike vakansie-dorp met 'n pragtige natuurgebied en stappaadjies tussen die rotse en fynbos. 'n Besoek aan die hawe-gebied en oulike winkeltjies is ook die moeite werd. Kabeljoes, 'n seekos-restaurant by die hawe, is beslis 'n besoek werd."
"Parkering in Desember is bietjie van 'n probleem by die eenheid want daar was te veel karre en gelukkig het ons besluit om nie ons boot saam te vat nie want daar was glad nie plek om boot te parkeer nie."
"Ek dink Kleinmond is 'n rustige dorpie waarvandaan mens lekker kan uitry. Die omgewing bied toegang tot lieflike aktiwiteite en agterpaaie soos gholfbane, wynplase en padstalle. Ek sal byvoorbeeld eerder op Kleinmond gaan oorbly as Hermanus en Kleinmond as 'n sentrale uitrypunt gebruik. Ons het lekker gebly, die Spar is uitstekend toegerus en hier is baie om te doen. Die hoofstraat was heel naweek lekker stil. Saans kon ek op die stoep sit en vir die see luister. Dit is lieflik! "
"Dit is beslis 'n rustige plek om na weg te breek uit die gewoel van die stad se gejaagdheid. Niemand is onnodig haastig nie en die tydjie daar is siel's verkwikkend."
"'n Goeie naweek wegbreek vir individue uit die stad. Dorp is baie rustig met min lawaai of verkeer. 'n Paar oulike winkels in Harbour rd. Sal definitief weer 'n draai kom maak."