Verified Reviews
Kleinmond
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Kleinmond
Rated 4.7 out of 5 based on 323 reviews.
"Behalwe vir die hawe is dit maar stil met min opsies. Lekker vir 'n dagrit eerder as oorslaap."
"Great little town that opened it's arms to us motorcycle enthusiasts for the weekend. Restaurants are just superb and the little pubs so friendly and welcoming."
"Ons is mal oor Kleinmond en kuier al vir die afgelope 36 jaar daar! Daar is baie vir toeriste om te sien en te ervaar."
"Pragtige plek. Goed vir siel en liggaam. Miskien nog lekker restaurante waar 'n mens saans kan eet."
"Kleinmond is 'n pragtige plattelandse dorp, het goeie eetplekke en die mense is baie vriendelik. Die strand en lagoon is fantasties mooi."
"Na hierdie jaar se besoek is ek minder positief oor Kleinmond. Die wind het knaend elke dag gewaai en meeste dae baie sterk. Ek is 'n fietsryer en het 'n fiets saamgeneem, maar die wind het my fietsryery baie belemmer."
"Het 'n lang verbintenis met Kleinmond ─ vriendelike mense, altyd plek vir nog, heerlike weer. Ervaar die mooie natuur en net nog een van ons mooi land se pragtige kusstreke. Naby die stad en 'n besoek aan die omliggende dorpe is baie gemaklik binne 'n bestek van 20 tot 45 minute is jy waar jy wil wees. Daar is soveel besienswaardighede in die omgewing. Waarde vir geld, nee wat regtig 'n plek om te gaan vakansiehou."
"Ons het die kuswandelpad gestap. Dit was 'n heerlike uitstappie. Die uitsig is wonderskoon. Kleinmond kan ook die wandelpad beter bemark en veral aandui dat die wandelpad nog ver aangaan vanaf die hawe Kaap se kant toe."