Verified Reviews
Knysna
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Knysna
Rated 4.7 out of 5 based on 844 reviews.
"We were upgraded to unit 62 at Brenton Park, which had the most amazing views."
"Ons het spesifiek gekom om die R339 te ry deur die Diepwalle deel van die woud en dan oor die Prins Alfredpas te gaan. Dit was 'n belewenis."
"Lovely place nice and peaceful great to relax everything was exceptional, food was great."
"Pragtige omgewing. Gerieflik geleë. Paaie is net baie besig oor Desembervakansie."
"Beste vakansiebestemming. Jy't die berge en die see binne minute vanaf mekaar. 'n Mooi, skoon dorp."
"Knysna is 'n fantastiese en ook veilige plek om saans rond te beweeg. Die middestad is net baie vuil en onnet. Baie aandag moet daaraan gegee word."
"Kan defnitief Thesen Islands aanbeveel. Baie mooi en netjies. Stil en rustig. Restaurante en winkels binne loop afstand in Thesen Island Harbour Town. Sal enige tyd weer daar wil bly."
"Uitstekend geleë in Knysna. Baie mooi, skoon en netjies. Rustig op die water met die getye wat in- en uitgaan."
"This is a must stop over. It's in a quiet area and with the most stunning view."
"Ons verblyf was skoon en netjies en huisie was goed toegerus, maar ons sal nie weer daar gaan bly, bloot oor die geraas van bure en die houtvloere en dun mure. Klein balkon weg van jou huisie waar jy kan sit en braaigeriewe ook nie na wense nie."
"Die personeel in restaurante en winkels is baie ongeduldig en onvriendelik (nie met my nie, maar was interessant om dit waar te neem oral om ons). Die paaie is haglik. Die natuurskoon is onbeskryflik asemrowend en Knysna is beslis 'n besoek werd."
"Die eetplekke is baie duur en jou nie regtig van toeriste nie. Ons het oral gesukkel met diens. "
"Baie om te doen, maar ruk 'n mens se sak vreeslik. Vir 'n gesin van 3 om net voëls of apies te gaan kyk kos amper R600. Restaurante het heerlike kos en vermaak."
"Die mense in Knysna is saamgesnoer deur die brande verlede jaar en baie slegte herinneringe is vir ons vertel maar meer nog die goeie dinge wat daardeur gebeur en plaas gevind het rondom hul ondervindinge. Hulel vertel almal net van die gemeenskap wat so saam gestaan het en hulp wat van orals oor ingestroom het."