Geverifieerde Resensie
Kruger To Canyons
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Kruger To Canyons bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 1140 resensies.
"Daar is nie veel te doen op die plaas nie, sal gaaf kon wees indien jy kon self ry op die plaas om diere te besigtig."
"Die paaie is baie sleg met lelike slaggate, maar die dorpsmense is baie vriendelik."
"Sabie is a quiet and safe place. It only lacks food outlets like McDonald's, Spur or even Steers. "
"As mens die somershitte van die Laeveld kan hanteer, is dit definitief 'n moet, andersins is winter ook 'n opsie."
"Ons het spesifiek gegaan om die lift te ervaar, maar helaas elke keer as ons bel was die lift buite werking. Die tegnikus bly op pad, maar kon nie die lift aan die gang kry nie. Wat 'n jammerte."
"Die dorp Graskop is nie wat ek verwag het nie. Dis nie baie netjies en skoon nie."
"Ons het n heerlike vakansie geniet en baie gesien en besigtig in die omtrek van Sabie."
"Net jammer die Graskop Lift was nie inwerking toe ons daar was nie. Die week voor dit was daar ook iemand wat ons ken daar, en toe het dit ook nie gewerk nie. Afgesien daarvan, is daar nog ander mooi plekke daar naby."
"Ongelukkig laat die toestand van die strate en paaie veel te wense oor."
"Vermy die deel rondom Spar op 'n Saterdagmiddag. Taxi's parkeer die strate toe en hordes mense sit en drink op die sypaadjie. Daardie deel van die dorp voel baie onveilig. "
"Dis 'n baie lekker plek nabygeleë aan watervalle en ander goed om te doen. Ook naby aan die Krugerwildtuin. "
"Dit is 'n pragtige, rustige omgewing en daar is baie plekke om daar te gaan ontdek."
"Sabie het nie so baie te sien, maar ons het wel Graskop besoek en was baie tevrede."
"Dis 'n moet om Graskop en omliggende dorpies te besoek. Dis regtig 'n paradys."
"Sabie is a safe place for travellers we really enjoy wish to come for weekend away."