Geverifieerde Resensie
Kruger To Canyons
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Kruger To Canyons bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 1140 resensies.
"Was aangenaam verras oor Sabie en omgewing en sal definitief weer vir 'n wegbreek soontoe gaan."
Hazyview-Vakansiedorp, Kruger Tot Canyons
Safari Bed & Breakfast"Bekommerd oor veiligheid. Locals wat die sypaadjie as toilette gebruik is walglik."
"Rustig en sentraal geleë vir besienswaardighede en akkommodasie, asook baie maklik om elke dag bietjie uit te ry na ander bestemmings op die Panorama-roete en selfs verder noord in Limpopo."
"Wonderlike dorp, Hoedspruit. Netjies, skoon, goed toegerus. Naby aan klomp bestemmings."
"Misty Mountains het baie aktiwiteite en is beslis moet besoek. Sabie het baie watervalle om te besoek en die mense is baie vriendelik. Die eetplekke is besig, maar baie gesellig."
"I just love that town. Next time I'm coming back. I will come back again to celebrate my birthday."
"Dit is klein dorpie met 'n Spar en baie restaurant. Die Great Swing is ongelooflike ervaring sowel as om in die lift na die woud onder in die Gorge te gaan."
"Ons is motorfiets ryers en daardie berge is 'n droom om in rond te ry. Natuur is besonders. Mal oor die mis vroegoggende. Ons love die Laeveld. "
"Stil dorp met baie potensiaal. Die hysbak wat in die ravyn afgedaal het, was iets besonders. "
"Die plekkie gaan agteruit wat baie hartseer is, maar die natuurskoon kan nooit agteruit gaan nie. Dit bly pragtig daar!"
"Pleasant, relaxing vibe. Woodsman complex has great bar and restaurant, charming and quaint bookstore downstairs with stunning gift shop and coffee shop, all owner/family managed and run."
"Dit is jammer dat die pad voor en na Ohrigstad herstel nodig het. Die omgewing bied uitstekende geleenthede om meer tyd daar te spandeer, soos die berge, Drie Rondawels en poele en die grotte ens."