Successfully reported

Geverifieerde Resensie

Lowveld

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Lowveld bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 514 resensies.

Tzaneen, Laeveld

The Stables

"Ons is afkomstig van Phalaborwa. Het al vorige kere nodig gehad om nood-akkommodasie te reël naby Tzaneen Medi Kliniek. Die Stables is die ideale opsie vir 'n onvoorsiene geleentheid."

Phalaborwa, Laeveld

Charming Self-Catering Apartment

"Die paaie is in 'n baie slegte toestand."

Haenertsburg, Laeveld

Stanford Lake Lodge

"Haenertsburg is klein, maar so sjarmant. Maak seker om by die brouery op Cheerio Lane in te loer. Almal is super vriendelik, heerlike kos en elke plekkie het 'n besondere atmosfeer en-/of 'n wonderlike uitsig."

Haenertsburg, Laeveld

Turaco Farm Cottage

"Ek is mal oor Dullstroom en Sabie. Hierdie was ons eerste besoek aan Haenertsburg en ek is eerlik as ek sê ons wil daar gaan bly! Die groot rede is omdat dit nog baie plattelands is en nie so gekommersialiseerd is soos die ander twee nie. Selfs die begrafplaas is mooi."

Phalaborwa, Laeveld

A Traveller's Palm

"Die T-bone special by die Buffalo Pub & Grill is die stop werd!"

Tzaneen, Laeveld

The Stables

"Pragtige dorp en veral die omgewing naby Magoebaskloof."

Tzaneen, Laeveld

Letaba River Lodge

"Die waterval was ook asemrowend en definitef die besoek werd en teen R10 per person is dit oor en oor die moeite werd! Ek moet net my onsteltenis uitspreek oor die groot Boabab boom wat nou nie meer heel is nie. Ons is baie vinnig begroet vir ons R25'e maar daarna was daar geen personeel of bestuur in sig nie. Die webtuiste laat jou glo dat jy n "koue drankie" kan geniet wat glad nie die geval is nie. Ek voel mense moet ingelig word van die werklike stand van sake asook die toestand van die boom en dat die R25'e om die boom te besigtig onnodig is. "

Haenertsburg, Laeveld

Magoebaskloof Birders' Cottages

"Dis 'n oulike plekkie met baie potensiaal, maar ek dink nie die omgewing word goed genoeg bemark nie."

Tzaneen, Laeveld

Oppieoewer Chalets

"Die omgewing is pragtig, maar die middedorp is minder aangenaam. "

Balule Natuurreservaat, Laeveld

Rio dos Elefantes River Camp

"Balule is 'n Groot 5-natuurreservaat. Dit is nie die tipe plek waar jy kan uitklim en rondwandel nie."

George's Vallei, Laeveld

Log Cabin 1 @ Magoebaskloof Getaway

"Baie plekkies om te besoek en dinge om te doen."

Tzaneen, Laeveld

Christie's Inn

"Uitstekende plek om te ontspan."

Tzaneen, Laeveld

The Stables

"Baie drukkend en warm, maar 'n mooi omgewing om te verken, veral die Canopy Tour!"

Phalaborwa, Laeveld

A Traveller's Palm

"Central point for visiting the Kruger or some attractions around the area."

Haenertsburg, Laeveld

Magoebaskloof Birders' Cottages

"Dis baie rustig met 'n keuse van goeie eetplekkies in en om die natuurdorpie. Die winkelsentrum lawaai baie, bly weg! "

Tzaneen, Laeveld

Christie's Inn

"Tzaneen is bakgat."

George's Vallei, Laeveld

Waterbessiebos Cottages

"Loer gerus in by Haenertsburg op pad George's Valley toe. Na Heanertsburg kry 'n mens ook eers die Debengeni-watervalle. Pasop wel vir bloedsuiers in die water! Hulle is baie klein en daar is baie van hulle! Sies!"

Tzaneen, Laeveld

Letaba River Lodge

"Pragtige dorp met goeie besighede. Die omgewing is van die mooiste in ons pragtige land, en daar is 'n verskeidenheid van ontspanning en besigtiging beskikbaar."

Phalaborwa, Laeveld

Lalamo Guest House

"Een van die toegange tot KNP met genoeg eetplekke om 'n mens se sak te pas."

Haenertsburg, Laeveld

Magoebaskloof Birders' Cottages

"'n Wonderlike onontginde toeristedorpie wat geen tree hoef terug te staan vir Dullstroom of Pelgrimsrus nie met heerlike eetplekke in die dorp, maar ook in Magoebaskloof omgewing; en natuurlik verruklike natuurskoon!"

Laeveld

Fleur de Lys Guest Farm

"Hoop die mense kry 'n bietjie reën, die droogte lyk maar ernstig."

Tzaneen, Laeveld

The Stables

"Tzaneen is pragtig, alhoewel dit teleurstellend was dat álle besighede en ook supermark, selfs die Spar, Checkers, Food lovers market, ens. toe was na 3 Saterdag middag."

George's Vallei, Laeveld

Waterbessiebos Cottages

"Hartlike ontvangs, behulpsame gasheer en gasvrou."

Tzaneen, Laeveld

The Stables

"Ken nie Tzaneen so goed nie, maar maak gerus 'n draai by Corner House in die middedorp. Gasvrye mense en kos heerlik."

Tzaneen, Laeveld

Ivory Tusk Lodge

"Ons is besig met groot beplanning vir werkskepping vir werkloses deur klein boerderye, asook die moontlikheid van 'n universiteit."

Phalaborwa, Laeveld

Phalaborwa Town Guest House

"Was aangenaam verras, aangesien dit my eerste besoek aan Phalaborwa was. Oulike dorpie, en ek kan verstaan hoekom hul finalis was in Kwêla se Dorp van die Jaar kompetisie. "

George's Vallei, Laeveld

The Herb Cottage

"Dit is een van die mooiste prag en praal in Suid-Afrika!"

Blad
Blad 15 - Wys 421 tot 450
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang