Verified Reviews
Lamberts Bay
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Lamberts Bay
Rated 4.3 out of 5 based on 1001 reviews.
"Die Birds Island en Muisbosskerm is 'n moet, maar 2 dae maksimum is genoeg in Lambertsbaai."
"Hou van Lambertsbaai, was ons eerste keer in Lambertsbaai vir 'n wegbreek, het al die nodige winkels indien jy iets kort. Net die strande wat bietjie vuil is van bamboes en dooie robbe wat vreeslik gestink het, maar andersins geen probleem nie, was lekker gewees."
"Die dorp het baie verval in die laaste paar jaar vandat ons laas daar was."
"Lamberstbaai het baie versteekte juwele was jou vakansie baie genotvol kan maak. Die ete by Isabella's en die bootrit saam met Riaan kan aanbeveel word."
"Dorpie was bietjie meer afgeleef as wat ons verwag het, maar dis nou maar een van daardie dinge."
"Ek hou van Lambertsbaai, want dis amper deel van my kontrei waar ek groot geword het. Het in die Olifantsriviervallei my jeugjare spandeer."
"If you find yourself in Lamberts Bay, Isabella's is the restaurant to try."
"Dis 'n rustige, vriendelike en pragtige kusdorpie. Sal altyd weer daarheen gaan vir 'n wegbreek."
"Ons was op 'n baie stil tyd daar so daar het nie veel aangegaan nie, maar dis nie 'n probleem nie. Het uitgesien om Muisbosskerm te gaan ondersteun, maar hulle is hopeloos te onbekostigbaar. In ons groepie is 3 ouer mense wat glad nie die kos sal kan eet wat daai prys regverdig nie. Wat van verskillende pakkette daar?"
"Oulik en rustig! Almal is ongelooflik vriendelik! Maak gerus 'n draai by Alle Dingen - puik diens en heerlike kos!"
"Did not feel very safe around the harbour area. Many unemployed people trying to sell their fish while we were just trying to enjoy the scenery. Quite a bit of rubbish around the view points."
"Jammer om te sien hoe die pragtige kusdorp verval en agteruitgaan. Diefstal bleik ’n probleem te raak in die area. Sal jammer wees as daar ’n negatiewe gevoel ontwikkel oor persoonlike veiligheid."
"Te veel ongewenste persone wat in die nag rondsluip en polisie kan definitief meer patrolie doen in nag."