Geverifieerde Resensie
Lamberts Bay
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Lamberts Bay bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 1001 resensies.
"Ons kom gewoonlik ook hienatoe en hou daarvan om hier te ontspan en die see te geniet."
"Pragtig! Strande is asemrowend. Bird Island is so mooi en die mense is baie vriendelik. Muisbosskerm restaurant is 'n moet. Die plek het my hart gesteel."
"Vir enigiemand wat 'n middelpunt soek om die omliggende dorpe en besienswaardighede te besoek, is Lambertsbaai ideaal."
"In vergelyking met vorige jare het dit bietjie agteruit gegaan. Nog steeds die moeite werd."
"Ons was verras hoeveel van die ouwêreldse kusdorpie sjarme nog hier behoue gebly het."
"Sal met graagte weer vir Lambertsbaai besoek. Net die skelmpies wat daar rondloop, is n probleem. "
"As dit eendag vir ons beskore is sal ons graag daar wil gaan aftree. Lambertsbaai het twee jaar gelede al ons harte gesteel."
"Dit was ons tweede besoek aan Lambertsbaai en ons het weereens die Muisbosskerm toe gekry - wat 'n teleurstelling."
"Baie vriendelike mense. As jy in buiteseisoen gaan is dit rustiger. "
"Die kieskeurige vakansieganger sal beter infrastuktuur verwag. Vir die gemiddelde vakansieganger is Lambertsbaai goed."
"Heerlike plek om net te wees. Ek kan Isabellas restaurant sterk aanbeveel as jy ietsie wil eet. Jy moet voëleiland besoek."
"Miskien nie vir die jong mense nie. Daar is nie veel om te doen nie, maar as jy will gaan vir ontspanning is dit 100%"