Geverifieerde Resensie
Limpopo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Limpopo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 2317 resensies.
"Het net een nag oorgebly in Potgietersrus, en het nie veel van die dorp gesien nie. Ons beplan om in die nabye toekoms weer in Limpopo te gaan rondry en kuier om na besienswaardighede te gaan kyk."
"If you want to rest this is ideal. Not for people to go do shopping or that want to go to town."
"Heerlike en wonderlike tropiese dorp met die mooiste natuur, mooiste bome, mooiste plante!"
"Ek bly self in Bela-Bela en geniet elke oomblik daarvan. Soveel om te doen en soveel om te sien. Die mense is vriendelik en verwelkom vakansiegangers. "
"Pragtige omgewing. Moenie te haastig wees nie. Ry stadig en neem die omgewing in. Haenertsburg is baie oulik en restaurante is goeie waarde vir geld. Definitief die moeite werd vir 'n langnaweek of langer."
"A beautiful piece of South Africa with it's sweeping mountain and forest scenery that takes your breath away. "
"Ons gaan graag in daai rigting omdat dit altyd lekker weer is en naby genoeg vanaf Johannesburg vir 'n vinnige wegbreek."
"Potties lê my na aan die hart en is 'n lekker klein dorpie met die nodigste winkels. 'n Baie lekker oorslaapplekkie oppad Botswana toe."
"Was by Bouncy Croc - uitstekend. Middagete daar baie billik. Sasha's pub - baie geniet, kos heerlik."
"Ons het op 'n pragtige plaaslike "kuiergat" afgekom met die naam "Sashas Restaurant and Boma Pub" ... baie lekker kos en atmosfeer!"
"Magoebaskloof area is so mooi. Tzaneen ook pragtig. Sal gerus weer kom kuier."
"Die ding met Bela-Bela is dat dit naby is as jy in Johannesburg en Pretoria bly. Dis ongelooflik om te dink dat jy in bietjie meer as 'n uur sommer by jou vakansie bestemming kan uitkom en voel asof jy ver van die stad af is. Dis lekker rou bosveld. "