Geverifieerde Resensie
Margate
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Margate bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 1124 resensies.
"Ek dink Margate en Ramsgate het baie potensiaal. 'n Negatiewe punt was die water wat besmet was en ek en my man (en volgens die apteek en koerante baie ander ook) het E-Coli opgetel. Die dorp en strate is baie verwaarloos en ons besef dat die ekonomie en die storms en die Covid het 'n groot uitwerking gehad op hulle. Maar ek glo dat as iemand verantwoordelik in beheer kom sal dit weer die juweel van die kus word soos dit vroeër jare was. Baie plekke wat aangedui word op kaarte as besienswaardighede was toe en het doodgeloop. Wat 'n groot jammerte is want ek dink die mense wat hulle plekke beskikbaar stel vir besoekers het die toeriste nodig. Doen iets aan die riool wat in die see inloop en die munisipaliteit moet hulle kant bring. "
"Strand by Uvongo en Manaba asook getypoelareas word skoon en netjies gehou. Naweke wel 'n probleem met lawaaierige en dronk dagbesoekers."
"Margate is a great holiday destination. Plenty to do for the whole family. The roads need work, way too many potholes."
"Uvongo. My favourite beach and the weekend market a must. I love Uvongo. I love the people, a safe holiday town and walking distance to all surrounding shops."
"Alle plekke binne loopafstand so hoef nêrens te ry nie. Veiligheid was bietjie iets om aan gewoond te raak. Kan nie regtig in die strate rond loop alleen nie."
"Ek was 5 toe ek laas aan die Suidkus was, maar dit is regtig 'n pragitge kusdorpie en die mense is baie vriendelik."
"Mooi strande, vriendelike mense. Die water en ander dienste-probleme blyk 99% opgelos te wees."
"We were there out of season when it's quieter. I think it can get really busy in December. There are some lovely restaurants especially Breakers, The Waffle House and KC's Coffee Shop."
"Baie mooi, alles bymekaar, mense baie gasvry en strande skoon en maklik bekombaar. Die dorp is mooi skoon. As julle nog nooit in Uvongo was mis jul baie. Dit was heerlik."
"Margate het "overcrowded" geraak en infrastruktuur kan nie byhou nie. Kuier liewer in die stiller buurstrande."