Geverifieerde Resensie
Marloth Park
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Marloth Park bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 1947 resensies.
"Marloth se paaie moet net bietjie opgegradeer word. Verder is dit baie lekker daar."
"Dit is baie naby die Krugerwildtuin en mense kla oor akkommodasie binne die Kruger. Marloth is naby genoeg om Kruger toe te ry en wild te kyk. Wild loop ook tussen die huise rond en mense in Marloth is vriendelik."
"Baie mooi plek en vriendelike mense. Baie gerieflik, net jammer van die mense kla onnodig. Dis bos: jy gaan om te rus nie vir die gerief nie. Jy kom reeds weg van die stadslewe af. Ons het dit baie geniet. Bid dat julle meer reën kry, veral vir die diere se onthalwe."
"Other than the roads after the heavy rains a great place to visit. Roads not a put off."
"Ongelooflike atmosfeer van vakansie en rustigheid. Interaksie met verskeidenheid wilde diere wat daagliks besoek is onbeskryflik."
"Dit is die derde keer dat ons in Marlothpark vakansie hou (min of meer dieselfde tyd van die jaar). Hierdie jaar was daar aansienlik meer mense teenwoordig in die park. Dit is opmerklik hoeveel ontwikkeling plaasvind. Daar is baie werkers besig en daar was ook baie meer besoekers as gewoonlik. Nie almal kom die spoedperk na nie en daar word harde musiek gespeel deur besoekers in hul moters en by hul huise. Ek is bly vir die dorp se vooruitgang, maar die mense wat luidkeels in die pad loop is steurend."
"Sal enige tyd mense aanbeveel om te gaan. Wonderlike plek om te ontspan en jou batterye te herlaai."
"Very friendly people in the shops, they stock everything you need. Atm's and petrol station (slow when the weekend is busy)."
"Die park self is groot en skoon, en het nie 'n tekort aan diere om te sien nie. Baie van die paaie is nie vir elke motor nie, maar met 'n bakkie of 4x4 sal daar nie probleme wees nie. Marloth is ook naby aan Die Krugerwildtuin wat 'n pluspunt is."
"Ons geniet Marlothpark. Hulle kan regtig aandag gee aan die pad wat teen die Wildtuin se draad afloop. Vir gewone karre is dit al onbegaanbaar."
"Sal beslis weer besprekings in daai area doen, om die diere daar te sien rondloop."
"Regtig 'n baie lekker, rustige plek, sal beslis aanbeveel vir diegene wat lief is vir bos."
"Was nie beïndruk nie. Daar is goeie plekke, maar baie plekke se eerste indrukke lyk maar nie goed nie. Paaie in baie slegte toestand en winkels swak en duur."
"Great plek, baie diere te sien. Winkels en restaurante kan duur raak, maar dit bly die moeite werd."