Geverifieerde Resensie
Marloth Park
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Marloth Park bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 1947 resensies.
"Mal oor die park. Die enigste ding wat my elke liewe keer byval rondom al die huise waar ons al gebly het is die bou rommel. Stukke sement en drade en bakstene absoluut oral. Dis bitter jammer en so lelik en sleg vir diere en omgewing. Dit sal wonderlik wees as Marloth dit kan aanspreek. Marloth is 'n wonderlike wegbreek-wegkruipplek!"
"Dit raak nou te kommersieel. Te veel huise, maar is nog steeds 'n lekker plek om te besoek. "
"Daar is baie mense, en van hulle ruk hand uit. Marlothpark sukkel om alles onder beheer te hou."
"Ongelooflike omgewing. Beslis die moeite werd."
"Die slegste, swakste (grond)paaie in Marlothpark! Beslis nie net van die onlangse reën nie. Sal niemand aanbeveel om nou soontoe te gaan nie."
"Baie rustig en stil en baie wild te sien. Gunstelingrestaurant was by Henk van Rooyen Park. Pragtige uitsig oor Krokodilrivier en heerlike kos en drinkgoed."
"Ek kan myself nie indink om die pad op 'n daaglikse basis te gebruik nie. Na die reen moes ons verskeie paaie toets voordat ons by Olifantsweg kon uitkom (glad en gate). Die sedanvoertuig, was te laag en sou vasgesit het op die Google aanbevole roete. Daar was meer wild buite Lionspruit as binne. Jammer om te hoor die leeus is dood. Was nie gerus oor veiligheid van kar by die winkelsentrum nie, verskeie mense het net daar rondgestaan."
"Ons al baie in Marloth gebly. Wonderlike plek. Kan net die systrate ook skraap, nie net die hoofpad by die rivier nie. Toegang moeilik vir lae voertuie."
"Marloth Park is ons plek om te bly as ons Krugerwildtuin toe gaan. Die pad teen die Krugerdraad is ongelukkig nie rybaar deur gewone karre nie en kort aandag."
"I have always loved Marlothpark, there are areas of improvement. I reported two spots on the fence that was broken but no one cared and never got to speak to the correct party regarding the problem. Knowing the security risk in SA and the latest lion sightings I would have thought it to be a priority."