Verified Reviews
Marloth Park
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Marloth Park
Rated 4.6 out of 5 based on 1947 reviews.
"Sal beslis weer kom kuier, veral met voordeel van besigtiging van diere in Kruger Wildtuin vanuit Marlothpark."
"Heerlike plek, maar van die winkels, venues en aktiwiteite is buitensporig duur vir plaaslike toeriste. "
"Baie mooi en baie netjies en mens kry als wat jy soek. Die winkels en slaghuis is ook baie netjies, Marlothpark sal ons vir seker weer sien dit was ons eerste keer in die park."
"Dis 'n plek vir beide tipe reisigers. Die wat verkies in die park te bly. Bied selfs kerkdienste op Sondae. Ook die wat vakansiebesienswaardighede will gaan sien. Beide Komatipoort en Malalane behoort aan almal se behoeftes te voorsien, gholf ingesluit."
"Die mense wat bly en kuier in Marloth Park is so vriendelik, spontaan en bedagsaam. Die diere wat mens by die rivier sien en al die diere wat in die park by jou op jou stoep kom kuier is ongelooflik. "
"I would only advise that they up the security. People should not just be able to drive into the Park without having some kind of verification. Map from the Park should be given out on arrival. Perhaps some kind of security tips should be given to the visitors. A person feels very relaxed and if not from SA you don't think of locking every door when going to bed The Park Security is trying their best to keep everyone safe."
"Kan dalk iets doen aan paaie in Marloth self."
"Put in place fines for people (visitors and locals) who litter. Restrict people bringing in foreign plants that are not indigenous to the area. "
"Go to the viewing point and the amazing river view restaurant. Both great spots for viewing over the Crocodile River. "
"Marloth is goed geleë vir iemand wat die Wildtuin wil besoek. Die voortdurende boubedrywighede is soms steurend, t.o.v. verkeer en geraas. Die wild wat hierbinne voorkom, is 'n bonus vir natuurliefhebbers. Die paaie kort dalk 'n skraap."
"Dit is baie gerieflik en het alles wat jy nodig kry tussen die 2 inkopiesentrums. Die nodigste soos melk en brood en selfs lekker vars vleis. Daar is restaurante, hardeware-winkel, laundromat, drankwinkel, waterpark, brandstofpompe, karwassery en self 'n salon. Daar is sekuriteitsmaatskappye wat ook 'n ogie oor veiligheid hou, en ook 'n noodhulppersoon vir mediese noodgevalle."
"Die paaie is vreeslik sleg en ons het skade gekry op ons voertuig, sal dit 'n 4 ster gegee het as dit nie vir paaie was nie."
"Onseker oor sekuriteit en voel dat Marlothpark soveel meer kan bied as die huidige stofstrate en huise wat onversorg lyk. Pad soontoe met die langnaweek was nag!"
"Marloth Park is the best location for being close to Kruger Park but the location and Park provides for everything and with the animals roaming around on your walks is always a great experience. I would recommend everyone to visit Marloth Park."
"Interessante plek om in te bly, met al die diere wat daar kom wei."
"Baie besig met tye. Paaie in swak toestand veral met lae voertuig. Die bos-atmosfeer en diere wat vry beweeg maak dit lekker."
"Dis 'n rustige dorpie met baie hartlike mense. Daar is petrol, drankwinkel, restaurant en 'n supermark. So mens hoef ook nie die hele huis in te pak om hier te kom bly nie. Ek is veral beïndruk met hul strengheid om by die stadige spoedgrens te hou. "
"Altyd lekker om Marloth Park te besoek. Die regte plek om te gaan recharge."
"Marlothpark het my hart gesteel, ek het my hart daar gelos vir die volgende keer wanneer ek gaan."