Geverifieerde Resensie
Mc Dougalls Bay
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Mc Dougalls Bay bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.1 uit 5 gekry volgens 99 resensies.
"Lovely quiet town. Best for relaxing holiday to get away from the hustle and bustle. Would recommend one or two shops to open that side. Also restaurants. Stunning place overall!"
"Dit was baie rustig. Dit was nie oorvol vir Desember nie. Sou net inligting wou hê oor waarheen om te gaan om vis te vang in die Port. Daar is geen plekke wat 'n mens kan identifiseer om te gaan visvang nie."
"Mooi dorpie, maar ek dink die restaurante buit die toeriste uit. Kos baie duurder as in Johannesburg en nie baie goeie waarde vir geld nie."
"Mc Dougallsbaai het bietjie teleurgestel. Veiligheid/diefstal is 'n probleem. Baie huisies in haglike toestand, gee nie 'n goeie indruk nie. Baie glas skerwe op die strand."
"Mc Dougallsbaai het ons verras, heerlik stil en veilig met pragtige rotsriwwe en na genoeg aan plekke soos Oranjeriviermond en Kleinzee, "
"As jy daarvan hou om unieke plekke en hul mense te verken, kom pak hier af. Luister na die vele Weskus verhale van diamante en skeepswrakke soos net hulle dit kan vertel. Daar is tale kleurvolle karakters wat legendes in hulle eie tyd geword het wat hulle stories graag met jou sal deel."
"'n Lekker klein dorpie met n rustige, ontspannende atmosfeer. Gaan stap op die strand, dis die moeite werd!"
"As jy hou van 'n baie "relaxed" omgewing en mense, gaan gerus. Uitsig oor die baai is verrassend mooi in kontras met die landskap waardeur mens ry om daar te kom. "
"McDougallsbaai is 'n moet vir enige Suid Afrikaner en toeris wat ons land besoek - dit is 'n absolute juweel wat 'n persoon terugneem na hoe om te rus en skoonheid in sy suiwerste vorm te ervaar. Dit gaan moelik wees om weer so n vakansie gevoel op n ander bestemming te ondervind. Die mense is vriendelik en opreg en die diens waar ook al ons gegaan het was besonders. Mooi in sy mooiste vorm! "
"McDougallsbaai is 'n pragtige vakansiedorpie. Die woonstelletjie waarin ons gebly het is baie klein, maar was voldoende vir een nag."
"Unfortunately Port Nolleth was extremely cold that night and so was the room."