Geverifieerde Resensie
McGregor
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in McGregor bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 242 resensies.
"Pragtige dorpie en 'n moet-besoek in Suid-Afrika, sou graag 4 uit 5 wou gee, net jammer die plaaslike munisipaliteit gee te min aandag aan McGregor, maar dankie vir die plaaslike inwoners, en ander betrokkenes wat uithou en versorg."
"Heerlike klein dorpie met lekker plattelandse atmosfeer. Heerlike klein restaurantjies om van te kies."
"Very nice, small town experience. A little out of the way but its worth the trip."
"Wat 'n heerlike dorpie - baie soos Prins Albert, maar sonder die pretensie. En dis baie naby aan die huis. Ek het die lekkerste roomys in my lewe by "The Blend" geëet - framboos en room. Ons sal beslis weer kom kuier."
"Geen behoorlike winkel vir kruideniersware nie. Gaste moet ingelig word dat hul op Robertson moet aankope doen voor hul na McGregor reis."
"Definitely not what we expected. The town was dead quiet with no attraction open, not even the tourist office. Maybe due to out of season and mid week."
"Ek is 36 jaar terug getroud in die kerk op McGregor, my skoonpa het daar geboer, ons is aangenaam verras met die besighede wat elkeen sy eie "niche" mark het. Heerlik geëet by van die restaurante en sal weer kom kuier."
"Rustige, netjiese dorpie en die besoek aan die wynplaas-en-eetplek, Lord's, was beslis die moeite werd!"
"McGregor is one of my favourite destinations. Lovely quiet, peaceful village in beautiful surroundings to enjoy for a few days. Will go there again and again."
"Good restaurants and interesting shops. Donkey sanctuary is a highlight & a must-visit. Had a relaxing stay."
"The majority of McGregor is closed Mondays and Tuesdays. Our host did warn us about the Monday but didn't realise that it was going to be the same story for Tuesday. Best time to visit McGregor is from a Wednesday to a Sunday. A very quant town, just bad planning on our behalf going in the beginning of the week."
"Rustige omgewing, oulike toeriste-aantreklikhede wat nie die bank breek nie. Ongelooflike mooi omgewing en landerye!"
"Ons sou 'n week daar kon oorbly om die dorpie en omgewing te verken. Dis 'n unieke dorpie in 'n natuurskone omgewing. Die geboue, museums en winkeltjies op die dorp bied 'n nostalgiese gevoel."
"Baie potensiaal vir klein besighede en bemarking nodig. Sal waardeer as ons ingelig was dat besighede/restaurante toe is op Maandag, Dinsdag. Donkie sanctuary was 'n wenner vir kleinkind. Volwassenes kan baie leer."
"Would definitley would want to come back once the lockdown restrictions has been lifted."
"Gorgeous place and friendly locals - do visit and support the donkey sanctuary!"
"Dis nou stil met Covid maar ons kon koffietjies kry, asook wegneem-etes. Die mense is vriendelik!"
"A number of bars/eateries were closed early or not open at all. I do however think this is only due to the restrictions from the pandemic."