Geverifieerde Resensie
McGregor
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in McGregor bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 242 resensies.
"Ek het meer verwag van die Saterdag se stalletjies, verder is dit 'n pragtige dorpie."
"If I could move there permanently I would. It is one of the most beautiful places in the Cape."
"Picture perfect, with unique, hidden gems along the way."
"Ongelukkig 'arm' aan winkels, waar nood kos items gekoop kan word, maar die omgewings is 'ryk' aan natuurskoon."
"McGregor - it all depends where you go and what appeals to you. I think the surrounding area is 100 times better than the actual town though it does have some charm."
"Klein plekkie, maar die natuurtonele en staproetes in die omgewing maak dit die moeite werd."
"Daar is nie winkels nie - onthou om in Robertson of vooraf melk & brood, ens. te koop."
"Die dorpie is lieflik, maar kan gerus meer winkeltjies kry waar jy dinge kan kry eg aan McGregor."
"Dis die ideale plek om te gaan ontspan - lees, eet, stap, drink wyn, gaan ry op die boot by Viljoensdrift, lees, eet, stap en drink nog wyn. Daar is wonderlike restaurante en kunsgalerye in McGregor."
"Karaktervolle dorpie met interessante besoekpunte. Vriendelike diens, goeie restaurante. "
"Ons woon al 7 jaar in die Kaap en wou nog altyd McGregor besoek. Omdat dit nie op enige hoofroete geleë is nie, het ons verskeie kere verbygery en nooit afgedraai nie. En daarin lê die dorpie se bekoring. Jy moet 'n klein bietjie moeite doen om daar uit te kom (as mens die 20 km van Robertson af as moeite kan beskou), maar jy word beloon met 'n rustigheid wat moeilik te vinde is ."
"Eseltjiesrus se donkies maak mens se hart sag! Lord's wyne en McGregor wyne was net so lekker. Vriendelike mense, ons kom weer."
"Ons is mal oor die dorp en sy mense asook die die plase rondom dorp."
"Pragtige dorpie. Alles is stapafstand. Heerlik geëet by Karoux, by Carol's Pub gekuier, wyn geproe by Lord's Wines en McGregor Wines."