Verified Reviews
Montagu
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Montagu
Rated 4.6 out of 5 based on 451 reviews.
"Pragtige en goed versorgde dorp, hier is baie te doen vir die buitelewe-entoesias en ook heerlike restaurante."
"Tans baie padwerke, maar dit is in 'n besondere deel van ons provinsie en bied oulike eetplekkies en kunsvlytwinkeltjies."
"I love going to Montagu, I have been going for 3 years now. My children also love it. It is tranquil and has a lot to offer families with children."
"Pragtige dorp! Skoon! Vriendelike mense en plek om mens se batterye te herlaai."
"Love Montagu - the mountains people - just everything. The road works are a bit of a pain but once completed will be great."
"Pragtige dorp met oulike winkeltjies en lekker kuierhoekies. Maak nie saak hoe 'n mens se reisplanne lyk nie, dit moet 'n stop vir 'n nag of vier in Montagu insluit."
"Montagu is 'n pragtige dorp om in vakansie te hou en daar is baie te sien en doen in die dorp en omgewing. Ons sal beslis terugkom."
"Was vir ons heerlik om in so ouwêreldse dorpie te stap en te kuier! Oulike restaurante en vriendelike mense!"
"Montagu is 'n pragtige dorpie. Heerlike restaurant, padstalle en koffiehuise om van te kies en te keur. Net 5 minute buite Montagu is 'n "animal sanctuary" wat lieflik is vir kinders. Saterdagoggend se markie op die dorp moet jy ook nie mis nie!"
"Dit is ons eerste keer in Montagu en kan nie wag om terug te kom vir 'n langer periode nie!"
"Die nuwe 'beach pool' by die Guano Caves net buite Montagu was net so groot teffer by ons kinders. Pragtige skoon swembad met hele paar 'slides' en tot 'n platform vir brawes om af te spring en area langs die swembad om uit te span."
"Iets van alles: natuur in die dorp, goeie museums, mooi kerkgebou, goeie eetplekke en lekker droë perskes."
"Werk aan die strate bemoelik dit om rond te ry, hoewel dit seker noodsaaklik is. "