Geverifieerde Resensie
Montagu
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Montagu bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 451 resensies.
"Mooi geleë tussen die berge. Uitsigte wat jou tevrede laat, wyn, droë vrugte, rustigheid - hier mag 'n mens maar bly! "
"Al die restaurante, winkels en padstalle bied uitstekende verskeidenheid en waarde vir geld."
"Would love to explore the town and will most definitely plan a breakaway soon."
"Pragtige dorp. Baie rustig so tussen die majestueuse berge. Sal verseker weer daar besoek aflê."
"Hierdie dorpie het my hart gesteel! Dis pragtig en silwer skoon. Ou sjarme begroet jou om elke hoek en draai."
"Ek is mal oor Montagu as toeristebestemming. So baie mooi plekke om te besoek. Ons het geëet by die Montagu Hotel en dit was 'n wonderlike ervaring. Sowat van goeie diens en voortreflike kos. Daar is soveel te sien wat kuns en handwerk aanbetref in Montagu en die omgewing is ook mooi. "
"Dit is 'n pragtige dorp met baie geskiedenis, en die moeite werd om te besoek."
"Montagu is 'n pragtige dorpie, hoort op elkeen se vakansie lysie te wees."
"Sentraal om verskeie wynkelders en ander toeriste aantreklikhede te bereik."
"Dis heerlik stil en die vallei is baie mooi. Die toerismeburo kan meer doen om alle besienswaardighede en aktiwiteite in die omgewing op hul webwerf te promoveer. Dit sluit restaurante, wynplase (proelokale oop vir die publiek en tye), akkommodasie, winkels, padstalle, ens in. Dit help om te weet wanneer wie (werklik) oop en toe is. Moes baie rondbel om uit te vind. Die webwwerf is goed, maar kan verbeter. Kon meer hulpvaardige inligting vanaf Trip Advisor en sekere brosjures by blyplekke kry. Montagu moet iets doen om hul uitstallings in die museum (sendingkerk) bietjie meer aantreklik te maak. Dit is interessant, maar die voorlegging kort werk. Montagu is lieflike plek, sal weer terug gaan, maar net nie weer tydens 'n hittegolf nie."
"Pragtige skoon dorpie, waar 'n mens alles kry wat jy nodig het: 'n wassery, 'n gesondheidswinkel, lekker restaurante, veral Rambling Rose. Sal weer gaan. Die natuurskoon is asemrowend!"
"Restaurante is klein en maak redelik vroeg saans toe. Jy gaan honger slaap indien geen bespreking vir aandete gemaak is nie."