Verified Reviews
Montagu
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Montagu
Rated 4.6 out of 5 based on 451 reviews.
"Oulike eetplekke en besienswaardighede, maar die padwerk wat so sloer laat mens twee keer dink."
"Bied alles vir mense uit die stad en is regte platteland sommer net hier naby die stad."
"Die art deco Montagu hotel is 'n besoek werd. Ons het 'n heerlike ete in ouwêreldse sjarme geniet, met rustige agtergrondmusiek wat op die vleuelklavier gespeel word."
"Dis ‘n plek wat mens moet sien en beleef. Ouwêreldse sjarme."
"Pragtige dorpie, die museum in die hoofstraat in die ou kerk is 'n besoek werd. Veral as jy nostalgies is oor toentertyd se dinge!"
"Ongelukkig was ons te kort daar om baie kommentaar te lewer, maar daar waar ons was is ons met soveel vriendelikheid en gasvryheid ontvang dat ons besluit het om beslis vir meer as 1 nag terug te keer na Montagu."
"A beautiful town with stunning scenery and many opportunities for hiking."
"Ek was nog altyd 'n baie groot liefhebber van Montagu en was al bitter baie daar vir oornag akkomodasie of vakansie. My laaste 2 ergvarings was dus dat ek die "locals" baie onvriendelik vind. Ek bly self op 'n klein dorp en hier groet almal mekaar en dit was voorheen die gevoel wat ek op Montagu gekry het, maar laaste twee besoeke was dit nie die geval. "
"Die perfekte dorpie vir die lekkerste kuier. Gaan eet gerus by The Mystic Tin; ek sal dit ten sterkste aanbeveel."
"Baie om te eet, maar min om te doen tensy mens verder ry. Alles maak te vroeg toe. "
"Pragtige, netjiese geskiedkundige dorpie, goeie wyne beskikbaar, rustige atmosfeer."
"Heerlik by die markie rondgeloop, 'n bier-proe gedoen, die droë vrugte winkel besoek, muskadel daar geproe en die aand by Mimosa Inn gaan "fine dine"."
"Montagu is a place I would love to retire. So beautiful and friendly."