Geverifieerde Resensie
Mossel Bay
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Mossel Bay bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.8 uit 5 gekry volgens 2002 resensies.
"Kon nie glo hoe baie Mosselbaai uitgebrei het nie! Kinders het die ou posbus asook Hartenbos se seefront baie geniet. Wens ek het geweet van die treintjie wat ry tot by Seeplaas vir ontbyt - volgende keer vir seker!"
"Pragtige vakansiedorp met goeie mense en lekker eetplekke. Baie ryk geskidenis en wonderlike natuurskoon. Fantasties vir families en vriende wat wil wegbreek."
"Almal was baie vriendelik. Strate is netjies en skoon en wil sommer daar gaan bly."
"Kuier gereeld in Mosselbaai. Baie dinge te doen in en om die omgewing."
"Fantastiese plek met baie om te doen behalwe swem. Lekker eetplekke met vriendelike kelners. Vriendelike mense."
"Veel om te doen vir ontspanning, vriendelike inwoners."
"Ongelooflike lekker groot dorp gevoel, skoon strate en sekuriteit wat strate bewaak teen kriminele wat dalk leeglê."
"Enige persoon of gesin of vriendegroep - of jy net wil ontspan & afskakel en/of aktief wil deelneem aan aktiwiteite is beskikbaar vir elke ene."
"Mosselbaai is 'n baie lieflike plek daar is baie aktiwiteite wat 'n mens daar kan doen byvoorbeeld soos om na die slides te gaan en so bietjie deur die mall te gaan stap, gaan uit eet saam met familie of vriende."
"Mosselbaai bied ontspanning vir klein en groot. Dit het 'n rustige en kalmerende invloed op jou."