Geverifieerde Resensie
Mossel Bay
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Mossel Bay bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.8 uit 5 gekry volgens 2002 resensies.
"Dit is 'n fantastiese vakansieplek. Daar is soveel om te doen en te gaan kyk. Ons kon nie by alles uitkom nie dus sal ons definitief weer terug gaan Mosselbaai toe."
"Ons woon in die Oos-Kaap en wat 'n wonderlike ervaring was dit om op paaie te ry wat nie jou motor in wil sluk en om oral goeie kliëntediens te kry was hemels."
"Heerlike weer, mooi natuurskoon, skoon dorp met baie om te doen. Hartenbos-strandoord is netjies en veilig."
"Dis die lekkerste plek om vakansie te hou. Die baie mense maak dit lekker. Teen die Vrystaat is Mosselbaai bàie mooi - geen potholes en alles werk tenminste en dorp is skoon en netjies."
"Mosselbaai is 'n pragtige vakansiebestemming! Ons sal beslis weer terugkeer na Pinnnacle Point, maar die keer eerder by Leisure Rentals huur."
"Indien jy van baie mense hou, is Mosselbaai die plek vir jou. Daar is baie om te doen en ons kinders het die strand baie geniet."
"Definitief 'n vakansiebestemming met die interessantste plekke om te besoek. Baie om te sien daar."
"Ek en my gesin sal beslis weer in Mosselbaai vakansie hou. Ons sal wel net van 'n ander akkommodasie gebruik maak."
"Ons het Mosselbaai geniet. Die stande was baie lekker en skoon gewees. Daar is baie besienswaardighede in en om Mosselbaai."
"Baie lekker plek om vakansie te hou, selfs al is die weer nie goed nie, is daar steeds baie te doen. Daar is altyd 'n heerlike vakansie-atmosfeer en die dorp self is pragtig met honderde besienswaardighedes en meer as genoeg dinge om die kinders mee besig te hou. Ons het veilig gevoel en almal is baie vriendelik."