Geverifieerde Resensie
Mpumalanga
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Mpumalanga bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 6283 resensies.
"Marlothpark is een van ons gunstelingbestemmings. Ongelukkig is die paaie met elke kuier in 'n slegter toestand as die vorige keer. Dit wil voorkom asof die swaar reën slote spoel wat met elke reënbui net dieper en dieper spoel en nie opgevul word nie. Selfs die pragtige voetpaadjie teen die grensdraad aan die rivier se kant is deesdae plek-plek onbegaanbaar. Ten spyte hiervan is dit 'n wonderlike plek om weg te kom van die stad se geraas en die natuurlewe te besigtig."
"We're always happy to revisit Marloth Park for the setting, the wonderful accommodation options and proximity to the Kruger National Park. One concern is that the road surfaces do present a problem for saloon-type cars but that could be seen as a blessing as it ensures cautious driving, although we have not yet seen examples of unruly road manners after several visits."
"Ons lief Marloth en gaan elke jaar! Dis die beste! My hart verlang na niks in die bos nie."
"Sal graag meer male daar wil kuier. Mooi plek so in die bos met die nodige winkels en restaurante."
"Marlothpark is beslis die beste vakansiebestemming vir natuurliefhebbers wat naby die Krugerwildtuin wil ontspan en die stilte wil ervaar. Verblyf is bekostigbaar en daar is heelwat aktiwiteite. Die winkeltjies is ook baie gerieflik met groot verskeidenheid, vir al daai nodigste goedjies. Sal weer en weer die pragtige plek besoek. Marlothpark voel soos ons 2de tuiste."
"Ek ken Dullstroom van voor die ontwikkelinge as 'n klein dogtertjie wat by ouma-hulle op die plaas gaan kuier het. So om te sien hoe alles verander het is bittersoet. Maar ek gun almal die vooruitgang en werksgeleenthede."
Mbombela (Nelspruit), Mpumalanga
Dome Home Accommodation"Dis 'n baie mooi plek so tussen die berge. Dis sprokiesmooi."
"We love Marloth Park as Kruger Park is accessible and we found that we could have a quiet day at home in the pool and the next day a trip to Kruger. My kids loved feeding the animals and the location of Kudus Crest is good for listening to animals at night. The local roads in Marloth Park are not good and a suitable car is preferable to drive all the roads."
"Love the quaint town, rich with experiences and activities to do. Food at Bohemian Groove Cafe was delicious."