Verified Reviews
Mpumalanga
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Mpumalanga
Rated 4.5 out of 5 based on 6283 reviews.
"Al die blomme en pragtige groot groen bome was vir ons wondermooi. Die besoek aan die Birds of Prey Centre was 'n onvergeetlike ervaring. Daar is baie slaggate en veral die grondpaaie is erg verspoel. Maar eerder dit as 'n vreeslike droogte!"
"Baie oulike plek. Interessante winkeltjies. Die enigste klagte wat ons het en van die ander mense wat ons mee gesels het is dat, alles behawle restaurante vyfuur toemaak. Ons tyd was so min ons kon nie eers na al die winkeljies gaan nie. Ek kan verstaan dat dit seker nie in die week nodig is om oop te bly nie, maar hulle kan baie besigheid kry as hulle net Vrydae en Saterdae later oop bly. Tot die klein "coffee shops" maak vyfuur toe."
Mbombela (Nelspruit), Mpumalanga
LoerieRoepEstate - Mountainview Accomodation"Pragtige plek tussen die mooiste koppies!"
Mbombela (Nelspruit), Mpumalanga
Loerie's Call Guest House"Baie om te doen in en om die omgewing as jy bereid is om te ry. "
Mbombela (Nelspruit), Mpumalanga
85 Ehmke"Die mooiste stad in die hele land. Alle besighede is vinnig bereikbaar en geen probleem om inkopies te doen nie."
"Vast improvement in the roads leading to Piet Retief - but the streets in town leave a lot to be desired."
"Sal sowaar weer en weer en weer in Sabie gaan kuier. Dis net die paaie wat aandag benodig."
"Dalk swemplekke duidelik aandui aangesien ons niks swemplekke kon kry nie."
"Dis baie beter om in Marloth Park by die Krokodilrivier teen die rivier te sit as om in die wildtuin rond te ry.... Mens sien veel meer diere... Ons het elke dag leeus gesien. "
"Almal wat ons daar ontmoet het was baie vriendelik en behulpsaam gewees."
"Hierdie is 'n eiesoortige gemeenskap. Die mense is baie vriendelik en doen regtig moeite om die noodsaaklikste items beskikbaar te he vir die besoekers. Ek het die klein tuisnywerhede geniet en die mense doen moeite met die produkte wat voorsien word en dit is vars. Oor die algemeen moet mens besef Marloth Park se hoofdoel is bewaring en rustigheid."
Mbombela (Nelspruit), Mpumalanga
Hippo Waterfront Lodge and Camping"Ons was ongelukkig net in die Mall gewees, maar oor die bietjie wat ons gesien het.....dit lyk na 'n pragtige plek. Almal met wie ons gepraat het het uitgewy oor al die besienswaardighede in en om Nelspruit. Ons was net by die Sudwala Grotte gewees, maar volgende keer sal ons meer plekke gaan kyk."
"Die hek beheer moet aandag geniet deur besoekende inwoners met verblyfdatums en woning nr op 'n windskerm plakker te verskaf. Die hek sekuriteit weet nie wie is wie nie. Een sekuriteitwag het ons gevra of ons al hier was toe ons van ons dag se uitstappie af terugkom. Tydens ons rit teen die grensdraad aan die Kruger se kant het ek opgemerk dat die draad redelik hoog van die grond is. Ja die onderste draad is elektries maar werk hy? As een van die katte daar moet deurkruip het Marloth Park moeilikheid. "