Geverifieerde Resensie
Nieu-Bethesda
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Nieu-Bethesda bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 562 resensies.
"Dit was 'n wonderlike ervaring! Mooi dorpie en het absoluut heerlik gebly. "
"Dor en droog vir nou - lyk my Des en Jan is die warmste maande, so dit kan warm raak in dié tydperk! Interessante plekke om te besoek, veral vir die wat belangstel in fossiele en hulle geskiedenis! As jy van alles wil wegkom en sterrekyk, is dit die plek! Koop 'n uiltjie by die Uilhuis, ry op 'n donkiekar, en gaan kyk na die mooi kerk as jy net daar oornag op pad see toe of huis toe, anders verken die area 'n bietjie langer saam met Graaff-Reinet en omgewing."
"Quirky and quaint little town in the Karoo. Worth a visit if you are in the area."
"‘n Besoek aan die karaktervolle dorpie behoort op almal se emmerskoplys te wees. Bly ‘n paar dae, die rustigheid en stilte is verslawend. Hier is nie brandstof of kitsbanke nie, maar die winkel hou voorraad van meer as net die basiese waarmee jy sal klaarkom as jy niks saamgebring het nie: gevriesde vleis, blikkieskos, meel, rys, vars vrugte en groente (beperk), vars melk, kaas, botter, koekies, roomys, lekkergoed, gebottelde water, ys, toiletware en skoonmaakmiddels, om net ‘n paar te noem."
"Heerlik om verras te word met die verskeie eetplekkies wat daar te vinde is. Ware rus vir die siel en vir die moeë reisiger. Slaap beslis vir ten minste twee aande in die omgewing."
"When reading about Nieu-Bethesda the Owl House comes up as being the prime attraction. However the other attractions such as the Fossil Museum, the brewery and bookshop are much more interesting. The food at The Ibis Lounge is great and deserves to be mentioned in a write-up about the town. As a birder I found birding in and around Nieu-Bethesda was also very good. When travelling on the Owl Route from Graaff-Reinet I saw a number of interesting birds."
"Daar het redelik veranderinge plaas gevind. Die Ibis Restaurant se kos is iets besonders en vars gemaak. Daar het nie veel aangegaan terwyl ons daar was nie."
"Locals is baie vriendelik en behulpsaam, 'n mens voel sommer tuis! 'n Salige tyd-maak-nie-saak atmosfeer. Sal beslis weer gaan."
"Die Uilhuis was vir seker 'n belewenis. Die hele dorpie en sy mense baie vriendelik en behulpsaam."
"Dit was alles waaroor ons kon droom vir 'n vinnige wegbreek. Die stilte was musiek, die mense van die omgewing ongelooflik vriendelik en die koservaring was heerlik! "
"Sal bittergraag eiendom daar wil besit. Dink mens gaan 10 jaar langer lewe as jy daar bly."
"It is a nice little town, however, if you are from the city then I would not recommend staying for longer than 2 days."
"Nieu-Bethesda is 'n pragtige dorpie met heerlike restaurante, fietsryroetes en kunswerke."
"Die besoek aan die Uilhuis was 'n aangrypende ervaring. Ons is diep aangegryp deur die lewe en werk van Helen Martins. "
"Nieu-Bethesda is een van daardie plekke wat 'n mens terugneem na 'n era toe daar baie tyd was om te kuier, om rond te drentel en net om te wees. Dit is egter nie moontlik om Nieu-Bethesda met net een besoek 'in te neem nie', en daarom moet jy met jou vertrek reeds die volgende besoek beplan. "