Verified Reviews
Nieu-Bethesda
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Nieu-Bethesda
Rated 4.6 out of 5 based on 562 reviews.
"Hierdie plek is na ons mening 'n moet-besoek. Wonderlike plek en die donkiekarrit saam met Jacob was 'n belewenis."
"Weet dit sal dalk nie in almal se smaak val nie, maar ek was al 'n paar keer daar en sal weer gaan. Probeer elke keer iets koop by die kunstenaars buite die Uilhuis, hul pryse is billik. Dorpie en mense met soveel hart & warmte."
"Kredietkaart-fasiliteite meer toeganklik. Oulike plekkie. Kan donkiekarrit hoogs aanbeveel. Kunstenaars paradys!"
"As jy opsoek is na 'n aangename verrassing is Nieu-Bethesda jou antwoord. Selfs die onbekende plekkies is fantasties. "
"Dit is 'n lieflike dorpie en die plaaslike gemeenskap laat besoekers voel asof hulle al jarelange vriende is."
"Nieu Bethesda is in sy eie klas en kan nie vergelyk word met ander toeristedorpe nie. Dis vir mense wat afgesonder wil wees. Dis baie stil en rustig."
"Daar heers 'n ongelooflike rustige atmosfeer, maar daar sal moet aandag gegee word aan kliëntediens, asook van die plekke wat baie verwaarloos en onnet is. The Tower restaurant sal ek definitief aanbeveel, dit was die enigste restaurant waar ons vriendelike diens ontvang het en die plek was uiters netjies en versorg."
"Nieu-Bethesda is 'n belewenis en die eenvoud en onopgesmuktheid van hierdie dorpie en die warmte van die mense sal my altyd bybly. Hier leer mens weer dat die gejaagdheid van die lewe en die glitz en glamour van die stad nie mens se siel kan raak soos die stilte en vrede van Nieu-Bethesda nie. Ek hoop nie dat hulle ooit die dorpie wil ontwikkel nie, want dis perfek in sy grondstraatjies soos dit is. "
"Ouwêreldse bekoring met vriendelike en behulpsame inwoners. Die plaaslike inwoners probeer jou nie uitbuit omdat jy 'n vakansieganger is nie. Dis nog veilig om in die strate te stap."
"Oulike, pikante dorpie. Dis een van daai plekkies wat almal ten minste een keer in hul lewens behoort te besoek."
"Dit is 'n móét. Ons het die veral die appliekwerk-uitstalling van die skeppingsverhale en die tradisionele vertellinge van die oorspronklike inwoners van hierdie gebied waardeer. Die kurator het moeite gedoen om die stukke wat nog toegevou was, oop te maak, en elke verhaal te vertel. Dit was veral betekenisvol omdat dit op Erfenisdag was en ons kon sien met hoeveel sorg dié groep mense hulle nalatenskap eer en bewaar. Niks wat ek opgelees het oor die Uilhuis kon reg doen aan die kreatiwiteit wat in die huis uitgeleef is nie. Dit is altyd verbasend om te sien hoe 'n kunstenaar kan realiseer wat in hulle wêreld gebeur. Ons het ook die fossielmuseum besoek en ook daar was ons beïndruk met die passie wat die gids gehad het vir die vakgebied. Dit is net jammer dat ons tyd beperk was, want ons sou soveel meer wou sien en doen."
"Buite seisoen was die diens nie op standaard nie en kon nêrens met 'n kaart betaal nie."
"Ek wou nog altyd die Uilhuis gaan besoek het en dit was 'n belewenis. Ek kan ook die fossielsentrum aanbeveel waar ek geleer het hoe om fossiele te soek! Daar is regtig soveel om te doen, jy sal nie glo hoe vol dinge so 'n klein dorpie kan wees nie. Moet beslis ook nie die bier en kaas by die Brewery mis nie en ook die Tower Restaurant se Karoo Lam was 'n treffer. Ek wil beslis weer soontoe gaan. Dit was regtig een van die mees interessante plekkies wat ek al by was. En die mense is so vriendelik. Vir jou volgende vakansie, oorweeg beslis Nieu-Bethesda."
"A lovely quaint village that is best enjoyed walking the streets and popping into various restaurants, etc. chatting to the locals."