Geverifieerde Resensie
Elephant Coast
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Elephant Coast bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 860 resensies.
"It was magical. One of my favorite places to visit. I felt so in tuned with nature it was awesome. I wish I could visit every weekend. People visiting KwaZulu-Natal should 100% see St Lucia."
"Ons is mal oor die dorpie! Daar is soveel om te sien en te doen! Ons kan nooit besluit tussen 'n Bosveld of seevakansie nie, maar hier kry mens beide!"
"Wonderlike, rustige pragtige dorpie. Met pragtige swemstrande en baie om te doen."
"Ek het nooit voorheen van St Lucia gehoor nie en my man het dit voorgestel vir ons wittebrood. Dit is ’n pragtige dorpie langs die see. Ons gunstelling restuarant is tussen The Dirty Dog, wat langs die hoofstraat is, en Ski Boat Club, wat die mooiste uitsig het en heerlike pizzas. Ons was op die bootrit om na die seekoeie te kyk wat vir seker die geld werd was. Die strande is skoon en die see is die beste temperatuur om in te swem. Ons was ook vir ’n dag Cape Vidal toe - dit is ’n natuurreservaat wat baie bekostigbaar is en dit is verseker dat jy wild op die pad gaan sien. Die strand by Cape Vidal is ook baie lekker en het stortgeriewe om die sand af te was voordat jy weer in die kar klim. Ons sal vir seker weer St Lucia besoek."
"Ek voel dat dit redelik onregverdig is dat mens 'n R105 rand moes betaal elke dag as mens strand toe wil gaan. Vir daardie rede sal ek nie weer Sodwana toe gaan nie."
"Die mense is warm, vriendelik en baie behulpsaam. Pragtige wêreld."
"Die parke was baie netjies en goed onderhou. Die alledaagse dinge was maar min en moeilik om te kry. Sommige van die goed was belaglik duur en ons moes daaraan werk."
"Beautiful. Lovely. Cape Vidal is wonderful. Just note that deep sea fishing does not allow bottom catching, which leads to a zero catch with the provider. Trawling for 6 hours with no catch does not work for me. Fishing from the rocks just great! Beach just great!"
"Pragtige dorpie my 3de keer hier geniet elke kuier hier, hier kan mens nog rondloop in aande voel veilig hier als is naby genoeg om te loop net dat strand n ry ver is sal St Lucia enige tyd aanbeveel vir vakansie. "
"Wonderlike plek, mal oor die ligging en plek moet bewaar word. Bos en see gekomineerd is perfek. Ek sal dink meer moet gedoen word om die drop skoon to hou, dit was baie vuil gewees."
"Would be great if there was a public pool or if the hotels allowed you to swim there."
"Ons gunsteling vakansiebestemming. Ps. die paaie is oorgedoen en definitief ‘n plus!"