Verified Reviews
Escape From Durban
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Escape From Durban
Rated 4.4 out of 5 based on 4354 reviews.
"Perfek vir die stiller maande, ek dink in seisoentyd kan die nouer strate dalk 'n probleem wees."
St Lucia Estuary, Escape From Durban
Gerda's Place"Water is 'n probleem veral by Cape Vidal wat baie mense trek en skoonheid binne veral badkamers waarvoor betaal 'n mens dan ingaan-geld. Die res baie lekker."
"Umdloti se omgewing is skoon en die strand is veilig. Die strand is ideaal vir gesinne. Geriewe soos supermarkte en restaurante is binne loopafstand. Ander strande met groter winkelsentrums en vermaak is ook maklik bereikbaar. Umdloti is perfek vir 'n luilekker seevakansie. Daar is net genoeg vakansiegangers sonder die oorvol gejaagdheid. "
Shaka's Rock, Escape From Durban
Ocean Gorge Seafront Getaways"Shaka's Rock is 'n baie mooi area en baie sentraal geleë. "
"'n Wonderlike kulturele ervaring om meer te leer van die Zulu-kultuur. Fort Nonqwai was 'n hoogtepunt met 'n pragtige kunsmuseum asook die Dlinza-woud se Aerial Boardwalk."
Oslo Beach, Escape From Durban
My Den Bed and Breakfast (Pty) Ltd"Baie rustig met groot verskeidenheid eetplekke nie, beveel beslis "Fish on the river" aan."
St Lucia Estuary, Escape From Durban
Little Eden St Lucia"There are lots of things to do in St Lucia. A great learning experience as well."
"Baie rustige area met alles en nog meer wat jy nodig het. Sentraal geleë vir alle besienswaardighede."
Willard's Beach, Escape From Durban
Sands Beach Breaks Ballito"Baie rotsagtig. Nie goeie swemstrand nie."
Botha's Hill, Escape From Durban
Anvil Stud Cottages"Nothing to do in the immediate vicinity for smaller children. Have to travel to do things with them."
Hibberdene, Escape From Durban
Khaya La Manzi Guest Lodge"Pragtig en sentraal tussen Durban en Port Shepstone."
"Groot verskeidenheid restaurante, was buite-seisoen wat dit lekker gemaak het dat dit nie 'n sirkus was nie. Sal verseker weer in Ballito gaan vakansie hou."
St Lucia Estuary, Escape From Durban
Kings Palace"Pragtige plek. Rustig en ongerepte natuur was 'n belewenis op sy eie."
St Lucia Estuary, Escape From Durban
Ndiza Lodge and Cabanas"Dit is jammer dat die monding steeds toe is. Dit is baie duidelik dat dit na al die jare 'n negatiewe effek op die ekosisteem het. Die biesies gaan nog die hele meer toegroei as die mens nie ingryp en die monding weer oopmaak nie. Dit is teleurstellend dat die dorp se water nie drinkbaar is nie. Daar is te veel spoedhobbels wat so hoog is dat dit omtrent stoptekens is. Waarom al die vreeslike hobbels? Dis sowaar 'n irriritasie en glad nie "groen" om so baie te moet stop en wegtrek nie. As daar dan jaagduiwels is moet hulle vasgevat word, hoekom moet almal nou gestraf word met die horde ongerieflike hobbels."
St Lucia Estuary, Escape From Durban
Oppi Rotse"Sal graag in die pragtige dorpie wou bly vir altyd!"