Geverifieerde Resensie
Escape From Cape Town
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Escape From Cape Town bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 16607 resensies.
Swellendam, Ontsnap Uit Kaapstad
Aanhuizen Guest House"Sal graag wil terugkeer om al daardie heerlike restaurante te besoek."
Franschhoek, Ontsnap Uit Kaapstad
La Galiniere Guest Cottages"Franschhoek is beautiful en ek sal dit aan enige iemand aanbeveel wat lief is vir wyn en lekker kos."
Jacobsbaai, Ontsnap Uit Kaapstad
Abalone Guest House"Baie lekker, rustig skoon met asemrowende natuurskoon. Die kreef depot kan gerus 'n bietjie van sy tonne krewe beskikbaar maak aan die toeriste, hetsy met 'n kreefinligting en braaigeleenthede, of vir selfs braai ten minste een maal per week in Desember."
Dwarskersbos , Ontsnap Uit Kaapstad
Beachhoff Beach Front Flat"Dit was 'n heerlike vakansiedorp, nie te ver van die Kaap nie."
"Montagu is regtig 'n pragtige omgewing met die mooiste natuurskoon. Doen gerus die moeite en besoek die omgewing."
"Geweldige rustige en veilige dorpie en is hoogs aan te beveel. Blyk dat die inwoners almal van netjiese omgewing hou en daarom is alle tuine en sypaadjies seker so goed versorg."
Yzerfontein, Ontsnap Uit Kaapstad
Swept Away Guesthouse"'n Geheim van die Weskus. Wat 'n stunning, pragtige, skoon en veilige dorp met die mooiste strand. Moenie vir te veel mense vertel nie!"
Van Riebeeckstrand, Ontsnap Uit Kaapstad
C'est La Vie Self Catering Apartment"Riebeeckstrand self is maar meestal 'n residensiële area, so dit is dalk minder geskik vir mense wat hou van baie winkeltjies en restaurante. Melkbosstrand is wel baie naby, en met die puik busdiens kan mens eintlik maklik enige plek heen gaan van daar af. Dit is meer bekostigbaar as ander dele van die Weskus, en die strande is baie skoon en stil. "
Paternoster, Ontsnap Uit Kaapstad
Paternoster Place"As ek enige aanbeveling kan maak sal ek se die strand kan bietjie skoner wees."
Riebeek-Kasteel, Ontsnap Uit Kaapstad
Church Hills Boutique Guest House"Pragtige plek. Sal volgende keer langer wil bly. Ongelooflike mooi tonele."
Wellington, Ontsnap Uit Kaapstad
La Rochelle"Ons het spesifiek Wellington gekies om oor die Bainskloof pas met ons motorfiets te gaan ry maar ek was absoluut versot op die hoeveelheid ou geboue in die dorp en my kamera het oortyd gewerk."
Heidelberg, Ontsnap Uit Kaapstad
Skeiding Guest Farm"Meat in Heidelberg is excellent and very well priced (inexpensive) - Next time I visit, when it's not raining, I'll explore more sites of interest. Heidelberg is ideally situated as it's only a short hop to the magnificent Witsand/Port Beaufort - Breede river mouth. (Did I say I am a mermaid lover yet?). "
Jacobsbaai, Ontsnap Uit Kaapstad
Klokkiebosch"A lovely and peaceful place, if you compare it with Saldanha or Langebaan! Paternoster was also beautiful, but as we visited it in peak season it was very busy there. Die Weskusplek was also well worth the visit, fantastic spot, nice food and friendly people. We traveled to the West Coast from Pretoria, to attend a wedding in Langebaan, and I definitely think we made the best choice with staying in Jacobsbaai!"
Paternoster, Ontsnap Uit Kaapstad
Lilla's Landing"Paternoster was een van die laaste ongerepte plekkies aan die Weskus. Dit was met hartseer om die ontwikkeling daar waar te neem in die 12 maande van ons laaste besoek."
Gansbaai, Ontsnap Uit Kaapstad
Tourist Lodge Gansbaai"Eks mal oor die plek, wil graag eiendom daar besit."
Shelley Point, Ontsnap Uit Kaapstad
Goblin's Creek"Die plek is uiters skoon as dit vergelyk kan word met Gauteng. Die water is koud maar die strande is pragtig. Binne bereik van Paternoster, Langebaan, Kaap Columbine Natuurreservaat, Yzerfontein, Velddrif en baie ander. 'n Baie lekker vakansiedorp!"
Riebeek-Kasteel, Ontsnap Uit Kaapstad
Church Hills Boutique Guest House"Dis 'n juweel net so 'n entjie van die Kaap af. Net wat 'n mens nodig het weg van die stad af. Die omgewing is pragtig en rustig."
Swellendam, Ontsnap Uit Kaapstad
Elianthe's Guest House"Fantasties! Baie skoon dorp. Sentraal geleë indien mens die omgewing wil verken."
"Lekker warm. Het net Taalmonument besoek op die dag aangesien ek ander verpligtinge gehad het, maar sal beslis weer terugkeer om 'n wyntoer of so te doen. "
Wellington, Ontsnap Uit Kaapstad
La Rochelle"Baie interessante historiese dorpie. Baie sentraal geleë. "
Melkbosstrand, Ontsnap Uit Kaapstad
Melkbosstrand Bed and Breakfast"Baie oulike plek. Die see is net vrek koud daar. Maar dis heerlik vir sommer net stap, honeymoon of net rustig wees. Sal nie die kinders saam neem nie, hulle sal ons die mure uitdryf omdat hulle nie sal kan speel in die see nie, ons is binnelanders en ken nie van "surfing" nie."