Verified Reviews
Eastern Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Eastern Cape
Rated 4.4 out of 5 based on 6675 reviews.
"Dit is n tipiese Karoodorpie met heelwat ou gerestoureerde huise direk op die straat wat vir ons baie mooi was. Ons het 'n draai deur die dorpie gery en dit lyk netjie. Daar is 'n paar eetplekke en ook is daar winkels vir kosaankope."
"Met die verbeterings aan die pad van Queenstown - deur Lady Frere en Elliot en dan deur na Matatiele - neem hierdie reis jou deur van die mooiste dele van ons land en met 'n ongelooflike berglandskap. "
Gqeberha (Port Elizabeth), Eastern Cape
Paxton Hotel"Weer was wonderlik en die mense gaaf en hulpvaardig, word nie verniet die vriendelikste stad in Suid Afrika genoem nie."
Addo Elephant Park, Eastern Cape
Addo African Home, Restaurant and Safari"Baie mooi. Beslis die moeite werd om te besoek."
"Almal groet mekaar in die verbygaan op straat. Mooi omgewing - lyk na 'n lekker plek om te bly."
"Hogback is sprokiesmooi met vriendelike mense. Net jammer baie van die plekkies was toe a.g.v. 'n besige lang naweek. Uitstaande plekke. Lighthouse Ranch, Fairy Garden, Butterfly Bistro."
"Don't miss out on a visit to Kontrei Kombuis for the best "roosterkoek" ever! "
"Jy moet lief wees vir die natuur, son en buitelewe om hierdie juweel opreg te kan waardeer."
"Mal oor Walmer, lekker sentraal gelee, naby alles, asook die heerlike Walmer Mall"
"Hulle noem dit nie verniet 'the village' nie- die gemeenskap is baie vriendelik en daar is fantastiese restaurantjies en 'n heerlike atmosfeer. Asemrowende natuurskoon. Besoek die Arboretum, groot boom en die talle watervalle!"
"Port Alfred se rolbalgasvryheid is ongelooflik en die bane pragtig. Decadent in Prince Ave is 'n moet vir watertandwafels en uitstaande diens. Guidos was ons elke aand eetplek met goeie diens - goeie kos en 'n wye verskeidenheid "
"Ons het slegs twee dae vertoef en gevolglik nie by al die bestemmings uitgekom nie. Daar is heelwat museums en ander besienswaardighede."
"Pragtige bestemming maar voel nie altyd veilig nie. Veral na donker."
"Pragtige dorp veral die Kowie Canal. Sal beslis weer terug gaan. Het baie lekker by Ocean basket geëet asook die The Wharf Street restaurant was awesome. "
"Baie mooi plattelandse dorpie met die berge in die agtergrond. Het baie potensiaal. Heelwat klassieke ou geboue wat vra om gerestoureer te word."