Geverifieerde Resensie
Eastern Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Eastern Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 6675 resensies.
"Baie sentraal en maklik om by die see te kom. Winkelsentrum is ook binne 2-3 minute van gastehuis. Luggage ook naby."
"Polka restaurant was 'n baie besonderse ervaring en die kaktus en vetplant kwekery was 'n groot verassing. Die museum uitstallings was baie goed en die mense baie vriendelik en hulpvaardig. Ons kon nie die kerk besoek nie want die dame daar was op die foon en het geen aanduiding gegee dat ons kon binnekom nie. Die ou historiese dorp was skoon en netjies ten spyte van die sigbare armoede van die mense. Dit was lekker om weer na 25 jaar daar te kon rondstap."
"Sondagsriviervallei het my baie beïndruk en laat mens wonder hoe het dit in die ou jare gelyk."
"Pragtige dorpie. Ons hou daarvan dat baie huisies al gerestoureer is. Dorpie baie netjies. Motormuseum 'n moet sien."
"Die casino is pragtig. Die restaurante met die see uitsigte is ook n moet om te besoek."
"Regtig die moeite werd om van die hoofpad af te draai en te sien hoe 'n dorpie lyk waar die tyd gaan stilstaan het."
"Besooek gerus museums, die Kamdeboo Nasionale Park en Vallei van Verlatenheid - dis 'n moet."
"Patensie is 'n klein plaasdorpie met 'n lekker en rustige atmosfeer. Perfek vir 'n kort wegbreek uit die stad. "
"Dis teerpad tot en met die grondpad is so 5 km na die dorpie. Dis nie meer 'n grondpad en rof vol klippe weens geen instandhouding . Dus as jy nie 'n SUV het nie, neem dit maar stadig oor die klippe. Maak vol met brandstof en neem die nodige. Geen banke of petrolstasie in die dorpie nie. "
"Dit is baie naby aan die Mountain Zebra Park wat 'n mooi park is om te besoek. Cradock se NG Kerk is baie indrukwekkend."
"Numerous beautiful walks and spectacular beaches within close proximity. "
"Ek het regtig nie geweet Stutterheim het so veel interessante en verkennings plekkies nie. Ek het altyd gedink dit is 'n one-horse-town."
"Die teerpad van Ugie na Maclear word tans oorgedoen en die padwerke is 'n probleem. Die ander teerpaaie is goed. Grondpaaie nie so goed nie en hoë voertuig nodig. Dorpie self is baie mooi met die nodigste. "
"Mooi geskiedkundige dorp. Rustige atmosfeer. Mooi groot kerk met pragtige orrel. Ek het gehoop om 'n orreluitvoering te hoor. Goeie eetplekke. Alles was die moeite werd. Dankbaar."
"Dis nie net 'n dorp om deur te ry nie, daar was soveel om te sien in die dorp self en natuurlik die vallei van verlatenheid. 'n Hoogtepunt was om in die kerk 'n toer te kon doen, wat baie interessante feite gehad het. Gaaff-Reinet en omgewing het ons aangenaam veras!"