Verified Reviews
Eastern Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Eastern Cape
Rated 4.4 out of 5 based on 6689 reviews.
"Ons is baie mal oor Gonubie en bly gereeld daar oor op pad Kaap toe. Het al per geleentheid langer ook gebly en die omliggende omgewing verken."
"Wonderlike dorpie! Nog altyd net verby gejaag op pad see toe en gesê: "Eendag sal ons indraai..." Dit was uit-en-uit die moeite werd! Uilhuis is uiters interresant en fassinerend. Die fossieltoer was 'n "bucket-list"-ervaring! "
"Die hoofstraat is vieslik vui en vol leeglèers wat ons laat bang voel het toe ons terugstap van Drosdy Hotel. "
"Sou nie regtig daar kan swem nie, teveel rotse op die strand. Moet na ander strande ry."
"A quaint village that is lost in time. Inhabited by the most friendly people. The Owl House is a wonder to behold and even more amazing on learning about Helen Martins and her life. The tranquillity of the town would make a good relaxing weekend."
"Net 'n jammerte baie museums, veral die Graaff-Reinet-huis, is in aanbou. Maar dankie dat julle die besienswaardighede vir ons nageslag bewaar."
"'n Moet... Dit is vir enigiemand met 'n voertuig wat die grondpad kan aandurf! Nie noodwendig 4x4 nie. "
"Ons het seker maar net 'n swak dag beleef, want het na ure se rondry net een olifant gesien."
"Rustige stranddorp buite die vakansieseisoen. Beveel dit beslis aan."
"Ons gaan baie Nieu-Bethesda toe, maar dit lyk asof die dorp besig is om agteruit te gaan wat baie hartseer is – veral die Two Goats Deli. Al besigheid wat vooruitgaan is Die Waenhuis."
"Seaview is 'n pragtige en veilige dorpie. As jy dolfyne wil sien is hierdie die plek. Ons kan The Dizzy Dolphin se kos werklik aanbeveel. Heerlike, bekostigbare etes met 'n bonus van 'n see-uitsig."
"Die winkel in Haga-Haga kan beter ingerig word met meer en 'n groter verskeidenheid voorraad. Dit beskik net oor die basiese en sal onvoldoende wees vir toekomstige besoekers wat hier besoek as 'n selfsorggroep. Veral as 'n mens wil braai, want daar is geen ander winkels beskikbaar in die omgewing as jy iets nodig het nie. Die plek is meer vir rustige besoekers en vissermanne wat daar kom kuier. "
"Baie mooi plekkie, net jammer ons kon nie by die Reinet-huis ingaan nie omdat hulle besig was om die plekkie op te knap. Dit maak wel 'n mens se hart bly dat dit so mooi instandgehou word. Dit is 'n prentjiemooi plek, al die ou huisies en vriendelike mense. Ons hoop om volgende keer langer te vertoef. Dit is 'n moet vir elkeen om daarheen te gaan."