Geverifieerde Resensie
Eastern Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Eastern Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 6689 resensies.
"Situated on the banks of the Sondagsrivier, close to a popular pub for lunches and with a shopping centre in close proximity."
"The roads in the CBD need to be improved, as well as driving in general. "
"Dit is 'n pragtige omgewing, die hele buurt is besig om te ontwikkel. En met Leon se hulp kom jy op die regte plek op die regte tyd. Ons sal weer in Seaview bly. "
"Is 'n pragtige rustige plek. Net jammer dat gaste nie self deur hekkie na see kan gaan nie. Jy moet bel dat iemand vir jou kom oopsluit. "
"Ideaal vir natuurliefhebbers met staproetes en bergpasse vir 4x4 en motorfiets entoesiaste. Besoek die kunsplekke en kwekery om meer van Rhodes se gasvryheid te ervaar."
"Lekker gerieflike oorslaapdorp. Heerlike restaurante en oulike snuffelwinkeltjies. Genoeg ander besigtighede om van te kies. "
"Centrally located and easy to get in and out of, great shopping centre, neat and tidy area."
"Dit is so mooi, 'n mens kan lank wegraak in die omgewing. Dit is 'n pragtige plek enige tyd van die jaar. Die mense is vriendelik, die tyd staan stil, die restaurante se kos is heerlik, en selfs die toevallige verspoelde grondpad die dorpie in wat veronderstel is om toegemaak te wees, was onwetend 'n 4x4-uitdaging sonder weerga."
"Baie jammer die hotel is toe, maar die ander mense wat ons daar ontmoet het, was baie aangenaam! "
"Ons kom heeltemal te veel daar, ha ha! Kry nie kans om ander plekke te sien nie. Geniet Jeffreys vreeslik baie. Was nou twee keer binne 6 maande daar."
"Graaf-Reinet is 'n oulike dorpie met goeie besienswaardighede en baie lekker restaurante. Ons het net een aand oornag en was beïndruk met die netheid van die dorp en die interessante mooi geboue daar, sal enige iemand aanbeveel om die dorp ten minste een keer te besoek."
"Gaan besoek die padstal so 5km buite Patensie genaamd Padlangs as jy van lekker kos hou."
"Ek het net deur Steynsburg gery op die langpad. Hiervoor is dit 'n baie gerieflike oornagplekkie."
"Het vir die eerste keer die mooi natuurskoon van die Oos-Kaap ervaar in my reis van Port Alfred tot by Aliwal-Noord. Ek het nie besef hoe mooi die bergreeks eintlik daar is nie. Werklik foto-kwaliteit. Daar was padwerke met stop/ry maar sal hopelik beter paaie oplewer as dit klaar is. Die N6 was 'n plesier om op te reis van Queenstown na Aliwal-Noord."
"Bluewater Bay is uitstekend geleë, maklik om in die stad en op die omliggende strande uit te kom. Daar is alles - 'n groot Spar en inkopiesentrum met alles wat ons nodig gehad het en gemaklik om by uit te kom. Dis ideaal vir mense wat graag draf, fietsry of kano ry. Daar is beskerming vir die natuur ook en ons het daagliks 'n besoek van 'n rob gehad. Bluewater Bay, julle rock!"