Geverifieerde Resensie
Oudtshoorn
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Oudtshoorn bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 1090 resensies.
"Ons was baie verras oor die netheid van die toilet geriewe, dis iets wat die munisipalitiete van die Weskus en Kaapstad dalk tips by kan kry. Nêrens moes ons rondsoek vir kleingeld om hulle geriewe te gebruik nie en orals was skoongeriewe en 2 ply toiletpapier. Oral was iemand altyd beskikbaar om te help. Meiringpoort is ñ goeie voorbeeld waar skoongeriewe en sekuriteit beskikbaar was by alle rus stop plekke."
"Oudtshoorn is 'n lekker dorp, alle dienste is beskikbaar sonder die gejaagdheid van die stad."
"Die mense in die dorp is so vriendelik en behulpsaam. So lekker met almal gesels."
"Hou van die omgeving en die rustigheid. Werkloosheid moet aangespreek word. Baie mooi wêreld."
"Oudtshoorn-omgewing bied 'n wye verskeidenheid van toerisme-aantreklikhede. Die dorp self kort aandag en is nie so netjies en rommelvry soos wat verwag word nie."
"Die dorp is mooi skoon en die mense wat ons mee te doen gehad het was almal baie vriendelik en behulpsaam. Baie lekker plekkie."
"Daar is te veel bedelaars in die dorp en elke parkeer plek word beman deur ongewentse karakters. Ons vermy nou die dorp ten alle koste ."
"Oudtshoorn is a pleasant town with all the amenities and many other outdoor activities like the caves and wildlife lodges."
"Beautiful architecture in town and surrounding scenery. Enough places of interest, shops and restaurants to make for an enjoyable destination."
"Dit was nie ons eerste besoek aan Oudtshoorn nie en sal beslis ook nie die laaste wees nie. Oudtshoorn het 'n bekoring van sy eie."
"Ek is gebore in Oudtshoorn so ek ken die omgewing baie goed. Ons het plek gesoek vir 10 gaste vir my 50ste verjaarsdagnaweek en Ravenscliff het al behoeftes gepas."
"Hier is so baie om te doen en sien, ons kon dit nie eers in een vakansie doen nie. Ons kom vir seker weer, en bring sommer vriende saam."
"Oudtshoorn is a beautiful little Karoo town, has a lot to offer and is close to George and Mosselbay."