Verified Reviews
Oudtshoorn
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Oudtshoorn
Rated 4.6 out of 5 based on 1090 reviews.
"Rust en Vrede waterval is ‘n moet al is dit bietjie ver uit die dorp. Karusa wyne is heerlik vir ‘n ligte middag ete. "
"Baie naby aan al die toeriste aantreklikhede en dis 'n pragtige en skoon dorp in 'n wonderlike omgewing. Al is dit droog is die natuurskoon absoluut pragtig. Baie dankie LekkeSlaap vir hierdie vakansie ons het dit waarlik geniet."
"Rustige dorp in hoog seisoen met goeie verskeidenheid van restaurante en besienswaardighede."
"Oudtshoorn is beslis 'n besoek werd. Baie opvallend was hoe netjies en skoon die dorp is. Baie om te doen. 'n Nuwe hoogtepunt was die Zipline. "
"Vir ons was Oudtshoorn 'n aangename verrassing. Ons was jare gelede daar, maar na die besoek sal ons die dorp weer besoek. Alles is baie toeriste vriendelik."
"Oudtshoorn is 'n juweel. Daar is baie dinge om te sien en beleef."
"Great place with so much to see and experience. The quietness of the town is one of a kind! "
"Children enjoyed the Cango Caves. There are also camel rides, water slides and Cango Zipline within easy drive en route to the caves that excited our children. Beautiful scenery and hiking routes! "
"Die dorp se infrastruktuur het baie goed gegroei sedert my laaste besoek. Daar is uitstekende restaurante met besonderse atmosfeer."
"Maak seker dat jy jouself genoeg tyd toelaat om alles te kan sien en doen wat die pikante dorpie jou bied."
"A great town with many things to see. Struisvogels, Stokstaartje, Bergen and much more. The surrounding is great with nice and helpful people."
"Kan bietjie warm word so kies die regte tyd van die jaar vir jou besoek. Pragtige plek soos al die ander dorpe in die Kaapse binneland en Karoo."
"Nog nooit soveel oorsese toeriste op een dorp gesien nie. Oudshoorn het die wenresep."
"Oudtshoorn is eg Afrikaans en multikultureel. Ek hou daarvan en sal beslis weer besoek."
"Oudtshoorn is 'n baie aangename dorp en die mense is baie vriendelik! Daar is baie om te sien en doen in en om die dorp! Wens ons kon langer bly, maar ons sien julle gou weer!"
"Sal baie graag weer wil gaan en meer tyd spandeer in die lieflike dorp en omgewing. Enige fotograaf se droom."