Geverifieerde Resensie
Overberg
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Overberg bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 6516 resensies.
"There is no Mr Delivery or at least not one that we could pickup on our search."
"Pragtige skoon dorp. Strand gebied skoon en lekker om op te stap. Vriendelike gemeenskap en behulpsaam."
"Witsand moet net sy ongekommersialiseerde karakter behou. Dit is werklik 'n plek wat jou siel lawe."
"Hermanus is ‘n beeldskone kusdorp, die cliff paths staproete is ‘n moet, paar mooi strande, hordes lekker en goeie eetplekke, ongelooflike goeie wynplase met restaurante in die omgewing. Daar is ook ander oulike klein kusdorpies naby. ‘n Mens kan nie verkeerd gaan met ’n vakansie in die omgewing nie. Baie om te sien en te doen. "
"Daar is veel te sien in hierdie pragtige stukkie van die Wes-Kaap."
"Die mooiste dorpie ooit en dierbare mense! Sou net graag nog restaurant opsies wou gehad het. Ons het so 19:30 by die dorp aangekom en slegs een plekkie was oop."
"For anyone who loves the quiet seaside life, reading, fishing and taking things slow, Struisbaai is the place to go. I loved the peace and quiet, not visiting in peak season. If you like history, there is a ton of interesting places to visit to find out about the local history, from Bredasdorp - Struisbaai - L'Aghulas."
"Daar is nie veel om te doen in L'Agulhas/Struisbaai nie en sal voorstel dat mense dit net 'n dagbesoek maak. Die restaurante is 'n bietjie duur en diens nie te goed nie."
"Die botaniese tuin is 'n moet sien, stap gerus na die waterfal toe - dis ongelooflik mooi."
"Dit het iets vir almal. Natuurskoon, rustigheid, wandelpaaie, interessante winkels, kuns, goeie restaurante en mediese sentrum vir gemoedsrus."