Verified Reviews
Overberg
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Overberg
Rated 4.6 out of 5 based on 6516 reviews.
"Witsand is ideaal as mens van die stedelike gewoel wil wegkom. In die omgewing is interessante plekke om te besoek: die pont by Malgas, de Hoop natuurreservaat, Infanta. Heidelberg het pragtige ou geboue en ' Aan de Kanaal' koffiewinkel is 'n moet. "
"Grabouw self is bietjie rof maar naby aan alles. So rondom Grabouw se dorp is daar baie om te doen."
"Pragtige omgewing. Dit was vir ons lekker dat dit net so 'n entjie uit die besige gedeelte van Hermanus is. Dit is opvallend hoe skoon die dorp is. Sal beslis weer hier wil vakansie hou."
"Slegs 'n vakansieplek, met baie verskillende huise, min met see uitsig. Geen egte dorpie nie en die besighede wat daar is, is wydverspreid en uiteenlopend. Egter pragtige berge, mooi groen en aangename klimaat vir die wat met wind kan saamleef."
"Oor die algemeen 'n baie rustige en aangename omgewing. Mooi uitsigte op die see en hawegebied. Daar is in Agulhas baie lekker eet- en koffieplekkies, wat ons ongelukkig nie in Struisbaai beproef het nie."
"Lekker sentraal en met die nuwe mall so naby hoef mens nie eens ver te ry vir jou daaglikse inkopies nie."
"'n Mengsel van ou wêreldse sjarme en moderne tegnologie. Baie warm in somer. Vriendelike mense en baie om te doen en sien."
"Ons besoek Hermanus vir baie jare al eenkeer per jaar en sal dit weer doen solank as wat ons kan."
"Ons sal Franskraal oorweeg vir aftrede. Groeneweide en Kuslangs se kos was absoluut heerlik en waarde vir geld. 'n Koffie winkel met 'n uitsig oor die see en ligte middagetes daar sal absoluut heerlik wees."