Verified Reviews
Overberg
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Overberg
Rated 4.6 out of 5 based on 6516 reviews.
"Mens kan ure/dae daar spandeer en steeds nie alles sien en doen wat daar is nie, perfekte plek vir ontspan en beleef."
"Dinsdag toe ons daar kom was meeste restaurante oop, Woensdag met die klein markie was als oop van 10 tot 3 uur. Dit voel na 3 kan jy net drink en eet en daar is nie veel verder om te doen nie. Dalk is die naweke anders. Ons het wel te laat gesien daar is baie stappaaie in die natuurreservaat, sou graag daar wou gestap het."
"Greyton is 'n rustige en vriendelike dorpie. Die Saterdagoggendmark is 'n wenner! Ons het heerlike eetgoed daar gekoop. Plus dit is binne loopafstand van Die Markhuisie af. Daar is oulike winkels en puik restaurante om van te kies. My ideale aftreeplek."
"Het my hart in Hermanus en omliggende dele verloor. Wonderlike plek met baie vriendelike mense."
"Swellendam was our halfway stop-over so didn't get to spend any time enjoying the place unfortunately, but definitely a scenic little town even if just to pass through."
"Ek kom al jare van kleins af in Gansbaai, die plek laat my voel asof dit eintlik my huis weg van die huis is."
"Gansbaai is 'n asemrowende kusdorpie wat 'n vinnige en beskostigbare wegbreek uit die stad uit bied. "
"Ek wens die locals wil net meer aandag gee aan die besoekers. Die natuur is amazing, maar mens moet eet ook. Die Slaghuis, Olies, was awesome."
"Swellendam is die 3de oudste dorp in RSA. Is uniek en doen gestand aan sy tradisie."
"Dit is werklik waar 'n pragtige plek waar die hartklop die mense van die omgewing is."
"Ons weet die dorp kan tydens vakansietyd baie besig raak, maar was vir 'n wintersnaweek baie bedrywig. Ons kan dit hoogs aanbeveel."
"Ons hou ten minste 2 keer per jaar vakansie in Hermanus. Dis 'n ongelooflike lekker plek."
"Een van die off the beaten track juwele - gaan maak 'n draai en geniet die pragtige natuurskoon en mense."