Verified Reviews
Overberg
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Overberg
Rated 4.6 out of 5 based on 6516 reviews.
"Witsand is 'n vakansiedorpie, klein maar lekker, nie baie om te doen vir tieners nie, daar kan Witsand regtig iets aan doen. Die weer is die grootste faktor, maar dis natuur. Natuur is onvoorspelbaar, maar dis nogsteeds 'n wonderlike plek om na te gaan. Ek stel ook voor dat die locals meer vriendeliker moet wees, veral in die winkels. Beter bakens/boeie op die rivier sit. Dis vir nuwe mense met bote om die sandbanke mis te ry, volg Knysna lagoon se voorbeeld met die boeie. Ek gee Witsand 8/10, lekker plek."
"If you need peace and tranquillity, Betty's Bay is the place for you. Beautiful white, sandy beach to take a stroll on. Not loads to see, yet you are situated centrally between Somerset and Hermanus that has plenty."
"Dit is 'n baie lekker vakansiebestemming met baie om te doen. Die eetplekke is uit die boeke uit."
"Ons was 'n familie en klomp vriende wat mekaar lanklaas gesien so dit was belangrik vir ons om 'n lekker plek te kry waar ons kon saamkuier maar ook rustig kon verkeer (veral omdat daar ook jong kinders was). Greyton self is eenvoudig. Lieflike restaurante (letterlik oorkant die pad van verblyf is Vanilla Cafe) lekker pizza en TV met sport. Ons het ook (weer) 'n draai gaan maak by 1854 (love die kuierplek). En als is in loopafstand. Vinnige draai by die Saturday Morning Market ook gemaak. Dis 'n oulike wegbreek van die stad, naby genoeg (uur en half se ry). En dan is daar ook natuurlik baie bergfietsroetes en trail runs in Greyton vir die manne wat meer exercise soek. Ons het nooit eers daarby uitgekom nie. Tog is dit nogsteeds 'n besige klein dorpie, so jy voel nooit verlate of afgesonder nie en die OK (mini) Mart is seker een van die beste winkels. Jy kan letterlik als daar koop en dis van goeie gehalte. So ek sal Greyton met liefde aanbeveel vir almal wat wil wegkom van die stad af. Moet net nie 'n mall of take away (KFC, Steers ens) soek nie. Daar is meer as genoeg restaurante met ordentlike kos om die uit te sort."
"Baie in die omgewing om te sien. Ons was deur na De Hoop en het baie wild gesien, bo en behalwe die Elande, Zebras en Springbokke wat ons by Old Sam's gesien het."
"Arniston is 'n baie mooi plek. Ideale vakansiebestemming met sy rustige atmosfeer, vriendelike mense en die mooiste natuurskoon."
"Hermanus was een van my gunsteling plekke waar ek nog ooit was. Fantastiese plek en vriendelike personeel."
"Mooi, plattelandse dorpie. Genoeg om te sien in die omliggende areas."
"Baie oulike plek, met genoeg winkels as jy iets benodig. Lekker visvangplekke vir die vissermanne."