Geverifieerde Resensie
Overberg
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Overberg bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 6516 resensies.
"Ons kan sien hoekom hulle Dorp van die Jaar 2021 gewen het. Ongelooflike ou argitektuur, winkeltjies, restaurante en kulturele bedrywighede. Wonderlike bestemming vir 'n wegbreek naweek uit die stad!"
"Grabouw het definitief die potensiaal om 'n uitstekende toeristebestemming te word. Ek dink net hulle moet werk aan hulle gasvryheid."
"Hermanus het baie om te bied. Baie besienswaardighede. Eetplekke uitstekend. Baie omliggende dorpies om te besoek. Baie mooi natuurskoon op pad soontoe. "
"Onthou daar is baie beperkte winkels, en niks wat op 'n Sondag middag oop is nie."
"My geboortedorp tot op 15-jarige ouderdom, gevolglik het Swellendam baie sentiment in my hart. Pragtige, skoon, outentieke dorp met ongelooflik baie waardevolle geskiedenis. In geheel is die dorp sowel as die geboue goed versorg en skoon. As toerismebestemming, hoogs aanbeveelbaar."
"Rustige dorpie. Lieflike stapplekke en die pikkewyne was 'n extra verrassing. Baie vriendelike locals."
"Tons to do in Swellendam. We need to go back to finish visiting all the attractions and enjoying the beautiful time."
"Lieflike vakansiedorpie - veral wanneer mens dit kombineer met bootry en visvang in die rivier/see! Interessante winkeltjies met die nodigste voorraad beskikbaar. Ons het 'n baie interessante lesing gehad deur Martin Fourie - mede-eienaar van die nuwe 'Spasie' Restaurant oor die herkoms van rum en ook hoe dit gedistilleer word ens. Ook het ons dikwels by Pili Pili Restaurant gekuier waar die bote vasmeer. Dit was lekker om by die Wolskuur Markie te kon rondsnuffel. Ons kuiertjie was ongelukkig te kort om nog by Anchorage Restaurant ook te kon uitkom. Witsand/Port Beaufort kan definitief aanbeveel word vir 'n vakansiebestemming."
"Beautiful beach, longest on the Southern hemisphere with fairly warm water. The stingrays in the harbour are really something special. The boardwalk stroll from the lighthouse in Cape Agulhas to the southern most tip of Africa is pretty enjoyable!"