Verified Reviews
Paarl
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Paarl
Rated 4.7 out of 5 based on 515 reviews.
"Die skoonste dorp wat ek nog in my lewe gesien het en al die mense is so hulpvaardig en vriendelik."
"Daar is soveel interessante, uiteenlopende plekke om te besoek. Ook maklik bereikbaar."
"Dit is baie besig en mense ry soos mal goed. Besigheidsbesoek is okay, vakansie, nee wat."
"Dit is 'n wonderlike plek om te kuier en vir vakansies al is dit net vir 'n naweek om 'n bietjie weg te kom vanaf die huis. Sal dit voorstel."
"Pragtig. Autumn Lane kan great wees. Hulle moet net meer aandag aan klein detail gee, soos aangedui."
"Loved the atmosphere and hospitality spirit of the people and places in Paarl."
"Die Paarl Vallei is pragtig. Daar is hordes wyn plase, party binne in die dorp. Die taal monument en De Villiers (DV) sjokolade is die moeite werd om te besoek."
"Daar is 'n uitstekende mikro-bierbrouery, "Bergrivier", wat ek altyd graag besoek. Die Paarl raak net baie besig en die Mall pas net glad nie in nie, maar ek vermy dit maar net. Die Taalmonument is altyd 'n plesier om te besoek en ek beveel dit sterk vir almal aan."
"Baie goed geleë vir die doel om die Kaap te sien. Kaapstad is nie so vêr nie en Paarl bied die rustigheid in kontras met die stad. Dit is op die wynroete vir die wat wyn liefhebbers is. Dis ongelooflik mooi in Paarl en die berge (wat ons Transvalers nie ken nie) sien jy mooi omdat jy nie teen die berg is nie. Asemrowend mooi. "
"Ons het kinders in Wellington en Stellenbosch. Paarl is baie sentraal maar ons kan tog op ons eie wees."