Successfully reported

Verified Reviews

Paternoster

All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Paternoster

Rated 4.6 out of 5 based on 1533 reviews.

Paternoster

Sandals

"Paternoster is 'n ongelooflike vakansieplek. Dit is beeldskoon, troeteldiere kan vrylik hardloop op die strande, die vars seekos is ongelooflik en die plaaslike inwoners is baie vriendelik en gasvry! Let net wel dit is duurder as meeste kusvakansies, die restaurante is heelwat hoog geprys, my wenk sou wees om normale vis en chips te kry by die kafee by die hoofstrand of om self direk by die vissermanne te koop om dit bekostigbaar te hou. "

Paternoster

Aloha 1

"Paternoster is 'n moet ten minste 1 keer in jou lewe. Ek en my man was vir 14 nagte in Paternoster en dit was 'n wonderlike vakansie!"

Paternoster

Sea Shack

"Pragtige, lieflike dorp. Blou see, wit huisies skoon strande - prentjie mooi. "

Paternoster

Sandals

"Die Paternoster Express winkel het als! Lekkerste room donuts vars gebak. Paternoster self is 'n baie mooi plek vir as jy wil wegbreek van die warboel van die stad, maar dis nog steeds besig. Probeer gerus The Noisy Oyster. Hul kos is ongelooflik. "

Paternoster

Paternoster Manor

"Was baie lekker, sal weer daar kuier."

Paternoster

Aqua Blue

"Die mense doen ongelooflik baie moeite om die sekuriteit-situasie aan te spreek."

Paternoster

Aloha 3

"Strand is nie baie skoon nie. Daar is plastiek en gemors op die strand wat hulle dalk net op 'n daaglikse basis kan skoonmaak."

Paternoster

Atlantic 4 shore

"Pragtige dorpie, maar misdaad is 'n probleem."

Paternoster

Cala Mondrago

"Een van die lekkerste vakansieplekke ooit!"

Paternoster

Sea Shack

"Die dorpie kort meer eetplekkies. My mening is dat die dorp stadig maar seker begin agteruitgaan. Verder is dit 'n oulike plekkie. Daar is nie baie besienswaardighede nie. "

Paternoster

Paternoster Manor

"Rustigheid van self en die ideale plek om te ontspan en jou batterye te herlaai en bietjie te lees."

Paternoster

Aloha 3

"Pragtige strande. Net die kreefverkopers wat lasposte is."

Paternoster

Paternoster Place

"Voorstrand Restaurant was 'n groot wenner. Lekker atmosfeer, 'n strand en see uitsig en fantastiese lekker kos!"

Paternoster

Seekat on Malmok

"The pizza at Blikkie Pizzeria is amazing, especially the Paternoster pizza! I look forward to returning to try out Gaatjie on the Beach. I also had a lovely horse trail on the beach and an early morning kayak. Plenty to see and do!"

Paternoster

Aloha 2

"Pragtige dorpie met baie sjarme."

Paternoster

Potters Rest Studio 1

"A lovely little place."

Paternoster

Sea Shack

"Lekker plekkie."

Paternoster

Paters Nessie

"Sien sterre."

Paternoster

Aloha 2

"Mense baie vriendelik en behulpsaam. "

Paternoster

Seekat on Malmok

"I love the place. Even looked at buying property there for our retirement."

Paternoster

Paternoster Place

"Paternoster is 'n pragtige plek maar het vanaf April tot nou heelwat verander. Winkeltjies is nie meer so interessant soos voorheen nie, niks wat uitstaan nie. Ek was half teleurgesteld, gevoel soos die einde van die seisoen."

Paternoster

Dune Ridge Main House

"Ongetwyfeld 'n juweel!"

Paternoster

Ahoy Farmhouse 3

"Small quaint village. Book restaurants in advance!"

Paternoster

Baywatch Villa and Cottage

"Ongelooflik lekker gekuier en was absoluut die ideale venue vir my 50ste!"

Paternoster

Dreamcatcher Mint

"Lieflike plek vir mense wie absoluut rus en vrede soek. "

Paternoster

Aloha 2

"'n Bekoorlike vissersdorpie met 'n unieke karakter en wonderlike eetplekke. Hier kan jy rus en ontspan."

Paternoster

Harmonie 1

"Die plaaslike gemeenskap is gedurig aan die bedel of soek borgskappe of wil iets verkoop al het jy nee gesê. Dit sal moet stop, want saam met die oralteenwoordige waarskuwings oor geringe misdade, raak dit in 'n klein tydjie te veel. Verder is dit een van die mooier plekke waar ek in 'n lang tyd gekuier het. "

Paternoster

Seekat on Malmok

"My gunsteling kuierplek."

Page
Page 38 - Showing 1111 to 1140

Welcome to LekkeSlaap

Welcome back!

Reset your password?

Join our newsletter!

Create an account to manage your bookings

Log in to your LekkeSlaap account

Log in to your LekkeSlaap account linked to

Enter your email address to get started

Subscribe to receive special offers